Landbouweekblad

OPKOMENDE BOERE SOEK VENNOTE

-

’N HOOGTEPUNT vir die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa) vanjaar was sy transforma­siekongres wat begin Augustus gehou is. Verskeie hooggeplaa­ste politici en ander leiersfigu­re het ’n beroep op die Regering en opkomende boere gedoen om by gevestigde boere te leer.

Mnr. Nhlanhla Nene, voormalige Minister van Finansies en tans raadgewer by die Thebe-beleggings­korporasie, het gesê gevestigde vennootska­ppe tussen wit en swart boere is nodig om die radikale ekonomiese transforma­sie van die landbou aan te vuur.

Hy meen wit boere se praktiese ervaring moenie geringgesk­at word nie. ’n Mens kan al die kennis uit ’n handboek hê, maar sonder ervare boere se hulp gaan ’n nuweling dit nie maak nie. Daarom het die landbou almal – wit en swart boere – nodig.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het mentorskap aangemoedi­g aan die hand van mnr. Bobby Godsell, voormalige uitvoerend­e hoof van AngloGold, wat ’n mentor was vir mnr. Patrice Motsepe, mynmagnaat en een van die rykste mense in Afrika.

Me. Lindiwe Zulu, Minister van Kleinsake-Ontwikkeli­ng, meen die landbou moet beskerm word, maar gevestigde boere moet ter wille van hul eie volhoubaar­heid en oorlewing kyk hoe hulle ander kan help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa