Landbouweekblad

Brande en koue eis kwaai tol

-

TIENDUISEN­DE hektaar weiveld is uitgewis in etlike brande in die Vrystaat en Oos-Kaap, en onverwagse koue weer laat in die lente het duisende skape laat vrek.

Oos-Kaapse boere wat al tot vier jaar lank voer vir hul diere moes koop, het verdere verliese weens veldbrande gely. In die distrik Barkly-Oos het tot 40 000 ha in September afgebrand en tussen Jamestown en Aliwal-Noord tot 15 000 ha.

’n Wegholveld­brand in die omgewing van Lady Grey het byna 40 000 ha vernietig. Minstens 24 plase het skade gely, en op 12 plase is alle weiveld vernietig.

Vroeër in September het spanne

van die organisasi­e Werk met Vuur binne 24 uur byna 44 brande in Suid-Afrika se winterbran­drisikogeb­iede bestry.

Mnr. Linton Rensburg, woordvoerd­er, het gesê daar was 12 brande in die Vrystaat, 11 in Mpumalanga, 9 in Gauteng, 8 in KwaZulu-Natal, 2 in die OosKaap en een elk in Limpopo en in Noordwes. Vrystaatse boere het meer as 60 000 ha veld en 4 500 bale voer verloor.

In twee afsonderli­ke brande is sowat 100 skape en meer as 50 beeste dood. Net by Vrede is byna 50 000 ha veld in daardie stadium in vier afsonderli­ke brande vernietig.

VEEVERLIES­E

Onverwagse koue in Oktober het ook sy tol geëis. Mnr. Doug Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê meer as 5 000 geskeerde skape en jong lammers het gevrek weens koue weer wat die provinsie in die eerste twee weke van Okto-

ber getref het. “Talle boere wat vee verloor het, het reeds hul veegetalle tydens die droogte verminder sodat hulle net hul kernkudde aan die gang kon hou.”

Ander veeverlies­e was by Aliwal-Noord (500 tot 600); BarklyOos (800 tot 900, waarvan sowat 600 lammers was); Burgersdor­p (1 000 tot 1 100, waarvan sowat 500 lammers was); Jamestown (500 tot 600); Lady Grey (1 100 tot 1 200); Molteno (700 tot 800); en Sterksprui­t (700 tot 800).

By Zastron in die Suid-Vrystaat het een boerdery 900 skape verloor weens die skielike koue.

SWARTRYP

In die Wes-Kaap het wynboere in dié tyd skade weens swartryp gely. Die vrese het bestaan dat boere tot dubbel soveel druiwe kon verloor het weens 5 Oktober se swartryp in die Worcester-omgewing as toe hierdie vernietige­nde weerversky­nsel ook tydens die vorige lente voorgekom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa