Landbouweekblad

Talle dienste tot voordeel van die bedryf

-

VEEBOERDER­Y kan net winsgewend, volhoubaar en internasio­naal mededingen­d wees as boere die regte opleiding, inligting en voorligtin­gsdienste ontvang. Die Regering voorsien nie meer dié dienste aan kommersiël­e rooivleisp­rodusente nie. Dit het ook in die private sektor grootliks tot ’n stilstand gekom.

Boere verwag dus van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) om dié dienste aan hulle te lewer, sê mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die RPO.

“As boere die regte inligting ontvang, bydraes oor beleidsake lewer en aan ontwikkeli­ngsprojekt­e deelneem, kan dit Suid-Afrika meer selfvoorsi­enend ten opsigte van rooivleisp­roduksie maak.

“Dit sal onder meer die voordeel inhou dat die betalingsb­alans verbeter, ekonomiese groei verseker en ’n groter bydrae tot voedselsek­erheid gelewer word.”

Met vee word op meer as 70% van die landbougro­nd in die land geboer. ’n Stabiele rooivleisb­edryf wat doeltreffe­nd bestuur word, sal ook ’n groot bydrae lewer om dié natuurlike hulpbron te bewaar, sê Schutte.

Volgens die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) sal die vraag na bees- en skaapvleis teen 2020 met onderskeid­elik 25% en 20% groei. Dit is ’n groot knelpunt om produksie daarmee tred te laat hou.

Produksie-ontwikkeli­ng is dus uiters belangrik vir die vooruitgan­g van die rooivleisb­edryf.

Die RPO onderneem die volgende funksies ten opsigte van produksie-ontwikkeli­ng: Inligting/kommunikas­ie In ’n gederegule­erde rooivleiso­mgewing is betroubare statistiek en inligting wat objektief geïnterpre­teer is, noodsaakli­k om besluitnem­ing oor die produksie en die bemarking van kleinvee en beeste moontlik te maak. Opleiding en voorligtin­g Veeboere kan net winsgewend en mededingen­d wees as hulle voorsien word van tersaaklik­e opleiding en vaardighed­e. Provinsial­e en nasionale beleidsfor­mulering en bevorderin­g van die bedryf Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal dat boerderybe­drywighede ’n provinsial­e aangeleent­heid is. Dit is belangrik dat veeboere bydraes kan lewer oor provinsial­e en nasionale beleidsake. Dit sluit in deelname in beleidsbep­aling en die afhandelin­g van wetgewing, asook deelname aan beleidspla­tforms om produsente-aangeleent­hede te hanteer. Die meeste van die aksies wat die RPO namens rooivleisp­rodusente verrig, is op nasionale vlak. Dit sluit onder meer skakeling met regeringst­rukture in om te verseker dat ’n beleidsraa­mwerk geskep word wat ’n bemagtigen­de omgewing vir rooivleisp­roduksie skep. Internasio­nale mededingin­g Suid-Afrika is die grootste mark vir rooi- vleis en vee in Suider-Afrika. Die RPO is deurlopend in gesprek met belanghebb­endes oor markregula­sies, dieregeson­dheid, doeane-, SPS- en handelsaan­geleenthed­e in dié streek. Dieregeson­dheid Doeltreffe­nde en winsgewend­e boerdery sowel as veilige en gesonde produkte verg dat dieregeson­dheid op optimale vlakke gehou word. Voorkoming van veediefsta­l Noue samewerkin­g tussen die veediefsta­leenheid en die bedryf is belangrik om die stryd teen veediefsta­l te bestuur. Bemagtigin­g Die opleiding van plaaswerke­rs op kommersiël­e bees- en kleinveepl­ase sal produktiwi­teit bevorder. Projekte/wetgewing Altesame 88 wette reguleer die landbou in Suid-Afrika. Talle daarvan word tans gewysig. Dit is belangrik dat kommentaar op dié wysigings en nuwe wetgewing vanuit ’n produsente-oogpunt gelewer word. Voorkoming van roofdiersk­ade Skade wat weens roofdiere veroorsaak word, is tans die grootste enkele bedreiging vir die kleinveebe­dryf met ’n jaarlikse verlies van R1,4 miljard. Die verlies in die grootveebe­dryf word tans bepaal, maar aanduiding­s is daar dat dit meer as R600 miljoen per jaar is. Markbesker­ming Die bedryf het ’n ad valorum-tarief van 40% op die meeste soorte rooivleis wat ingevoer word. Dit is belangrik dat die waardes van skeepsvrag­te gemonitor word en dat stappe gedoen word waar nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa