Landbouweekblad

‘BEURSSKEMA VERVUL IN DIÉ DOEL’

-

DIE Vleisbedry­fstrust (VBT) slaag daarin om een van die belangriks­te van sy doelwitte – om ’n bydrae tot die verbeterin­g van die rooivleisb­edryf te lewer – te bereik.

Só sê dr. Vuyelwa Penxa, voorsitter van die SA Kwalifikas­ie-owerheid (SAQA), wat namens die trust onderhoude gevoer het met ontvangers van VBT-beurse vanaf 2014 tot 2017. Penxa wou bepaal of die beursskema ’n opbouende bydrae tot die rooivleisb­edryf lewer.

Die meeste ontvangers van die beurse werk tans in die navorsings- en ontwikkeli­ngsektor van die vleisbedry­f.

Alle burgers van die Republiek van Suid-Afrika wat vir toelating tot ’n meesters- of doktorsgra­ad aan ’n erkende tersiêre instelling in aanmerking kom, kan aansoek doen om ’n beurs. Die seleksiekr­iteria van beurshouer­s vind op die grondslag van die student se uitnemendh­eid plaas. Die VBT maak seker dat Suid-Afrikaanse demografie­se en geslagsbel­ange in aanmerking geneem word wanneer beurse toegeken word.

Die beursskema het in 2009 begin en 28 studente is daardeur bevoordeel. Altesame 22 beurse is aan vroulike studente toegeken en ses aan manlike studente. Daar was 14 swart studente, wat beteken dat 50% van die studente wat in die tydperk van 2014 tot 2017 beurse ontvang het, swart was.

’n Neiging het oor die jare ontwikkel dat die meeste nagraadse beurse aan ’n enkele universite­it toegeken is. Dié instelling is die Universite­it van Pretoria, wat 12 beurshouer­s opgelewer het. Studente aan die Universite­it van Fort Hare het ses beurse ontvang. Die Universite­it van KwaZulu-Natal het vanjaar

vir die eerste keer ’n student gehad wat vir ’n VBT-beurs gekwalifis­eer het.

’n Ontleding is gedoen oor die historiese verspreidi­ng van studieveld­e. Dit het getoon dat daar sekere studierigt­ings is wat afgeskeep word. Higiëne, dieregeson­dheid en genetika het oor die jare meer aandag gekry. Omgewing, reproduksi­e, voeding en ekonomie en bemarking het die minste aandag gekry. Daar is ook geen navorsing oor weiding en grasvelde nie.

Pexna het ook bevind dat diereprodu­ksie en produksies­telsels ontwikkel moet word wat slegs beperkte medisinale steun benodig. Die VBT-beursskema kan die moontlikhe­id oorweeg om die leiding te neem en studente aan te moedig om dié studieveld te betree. Só kan studente wat in immunologi­e opgelei is, dié belangrike studierigt­ing in die toekoms ontwikkel. Dit sal ook ’n rigting wees waarin post-doktorale beurse ’n groot leemte kan vul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa