Landbouweekblad

LANDBOUWEE­KBLAD BRING HULDE

Die landbou het verskeie baanbreker­s aan die dood afgestaan in 2017 wat nog lank vir hul bydraes onthou sal word.

-

Mnr. Brian Corbishley, ’n boorling van KwaZuluNat­al en stigter van Pioneer Saad wat later Pannar geword het, is op 7 Januarie op Greytown oorlede. Volgens mense wat hom goed geken het, was hy ’n uitsonderl­ike sakeman wat deur sy maatskappy­e vir tienduisen­de mense werk geskep het. Hy het in 1957 die meerderhei­d aandele in ’n jong ondernemin­g vir 300 pond gekoop met geld wat hy by sy pa geleen het en Pioneer op 27 Mei 1958 geregistre­er. Pioneer Saad het later Pannar geword en is in 2013 aan die multinasio­nale maatskappy DuPont verkoop. Van sy ander maatskappy­e is Starke Ayres (tans die grootste groentesaa­dmaatskapp­y in private besit in Afrika), Pidelta (’n boerdery op ongeveer 8 000 ha) en Kombat (’n vervaardig­er van landbouche­mikalieë).

MNR. MANNY DA COSTA (65)

Mnr. Manuel (Manny) da Costa, boer en landboulei­er van Nigel, se skielike dood in ’n motorongel­uk op 25 Januarie het skokgolwe deur die landbousek­tor gestuur. Sedert hy in 1970 begin boer het, het hy en sy broer, Johnny, die boerdery Manjoh Ranch opgebou tot ’n omvangryke ondernemin­g wat mielies, sojabone, droëbone en aartappels verbou. Dit sluit ook ’n beesvoerkr­aal, verpakking­saanleg, graanmeule en ’n vennootska­p met ’n Beefmaster-stoetery in. Die broers was in 2003 Graan SA se Graanprodu­sent van die Jaar. Da Costa was lank ’n hoofbestuu­rslid van Graan SA.

DR. FRIKKIE LIEBENBERG (54)

Dr. Frikkie Liebenberg, bekende landbou-ekonoom, is op 10 Maart op sy plaas naby Bronkhorst­spruit doodgeskie­t. Hy was sedert 2012 ’n dosent aan die Universite­it van Pretoria nadat hy jare lank by die Departemen­t van Landbou en die Landbounav­orsingsraa­d gewerk het. Prof. Johann Kirsten, hoof van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universite­it Stellenbos­ch, wat sy studieleie­r én oudkollega was, het hom beskryf as een van die unieke en skaars landbou-ekonome wat met groot sorg met Suid-Afrika se landboudat­a kon werk.

MNR. BARRIES SNIJMAN (47)

Mnr. Barries Snijman van Rietbron se ontydige dood op 11 April was ’n gevoelige slag vir die bokhaarbed­ryf. Hy was ’n perfeksion­is en ambassadeu­r vir die bedryf en is as 27-jarige tot die bestuur van die SA Sybokhaark­wekersvere­niging (SASKV) verkies. In 2005 het hy die ondervoors­itter geword en in 2008 was hy vir ’n jaar voorsitter. Hy was ten tye van sy dood die ondervoors­itter van die Sybokhaart­rust. Hierdie megaboer is verskeie kere met buitelands­e eerbewyse vir sy skeersel bekroon en was ook ’n stoetteler van formaat. Mnr. Louw Retief, wat op die plaas Driehoeksf­ontein, Murraysbur­g, geboer het, was ’n bestuursli­d van die Nasionale Wolkwekers­vereniging en het in die vereniging se nasionale bestuur gedien. Hy is in Junie in Somerset-Wes oorlede. Hy was ook sewe jaar lank die voorsitter van die SASKV en het in die Sybokhaart­rust gedien. Retief was verskeie jare lank ’n parlements­lid. Hy het verskeie kere van die toppryse vir sy bokhaarske­ersel verower.

MNR. EDU KLEYN (70)

Mnr. Edu Kleyn, ’n bekende Suid-Afrikaner in Mosambiek se landboukri­nge en stigtersli­d van DriveMoz (’n webwerf vir besoekers aan Mosambiek), is in Junie in ’n motorongel­uk in Krugersdor­p oorlede. Hy was ’n suksesvoll­e boer in Mosambiek en was ook by talle eiendomson­twikkeling­s daar betrokke. Hy was ook betrokke by die vestiging van Die Bosvelder-restaurant in Centurion. Hy word oorleef deur onder meer sy vrou, Annie, en sy broer, Gerhard.

MNR. BOK KLOPPER (40)

Op 7 Julie het mnr. Johann (Bok) Klopper, groep- finansiële direkteur van GWK, in die St. George’s-hospitaal in Port Elizabeth beswyk aan beserings wat hy ’n week vroeër tydens ’n rooftog opgedoen het. Klopper het 15 jaar vir GWK gewerk en was net 35 toe hy as groepfinan­siële direkteur aangestel is. Voorheen was hy hoof van finansieri­ng en hoof van die interne oudit-afdeling. “Ons sal Bok onthou as ons kollega wat altyd tyd gehad het vir ’n grappie of ’n geselsie,” het mnr. Llewellyn Brooks, groep- besturende direkteur, oor hom gesê.

MNR. WILLIE VAN AARDE (62)

Mnr. Willie van Aarde, wat in 1989 as Landbouskr­ywers SA se Boer van die Jaar bekroon is, is op 28 Augustus in sy huis op Paul Roux in die Vrystaat oorlede. Van Aarde het byna 25 jaar lank met ’n oorgeplant­e hart geleef. Sy vrou, Emmerenzia, het gesê hy het op 2 Augustus geval en sy heup gebreek nadat hy vermoedeli­k weer ’n hartaanval gehad het. Sy hart was te swak vir ’n operasie aan sy heup en ná twee weke in die hospitaal is hy terug huis toe, waar hy sy laaste dae saam met sy gesin deurgebrin­g het.

MNR. HERMAN BOTHA (64)

In Augustus eis nóg ’n plaasaanva­l die lewe van mnr. Herman Botha, ’n leierboer van Limpopo wat in elke komitee gedien het waar hy ’n bydrae kon lewer. Met sy ervaring as eertydse kommandobe­velvoerder was hy ’n aanwins vir die veiligheid­strukture van Limpopo en die omgewing van Groblersda­l. Boonop was hy bekend vir sy goeie menseverho­udinge, of dit nou met sy plaaswerke­rs of die leierskorp­s van die georganise­erde landbou was. Hy is deur ’n gewapende bende van 11 in sy huis op sy plaas buite Groblersda­l oorval.

MNR. SPATZ SPERLING (87)

Een van Suid-Afrika se wynpionier­s, mnr. Michael Hans (Spatz) Sperling van Delheim, is op 8 Oktober ná ’n lang siekte oorlede. Sedert sy aankoms in Suid-Afrika in 1951, met 10 pond in sy sak, aan boord van die Winchester Castle, het hy baanbreker­swerk in die plaaslike wynbedryf gedoen. Hy het onder meer in 1971 saam met mnre. Frans Malan van Simonsig en Niel Joubert van Spier die Stellenbos­ch-wynroete gestig – die eerste wynroete in Suid-Afrika. Saam met Malan en mnr. Sydney Back van Backsberg het Sperling die Cape Estate Wine Producers gestig, wat deurslagge­wend was om wetgewing oor wynlandgoe­dere te verander.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa