Landbouweekblad

KRY SPEEL-SPEEL SKOON KRAANWATER

- ,e-pos: webwerf:

Tot onlangs het die Get Aheadproje­k in Queenstown en die Laerskool Amaqwathi in Tsolwana in die Oos-Kaap geen toegang tot lopende water gehad nie.

Maar danksy ’n vernuftige ontwerp deur ’n landbou-ingenieur en ’n vennootska­p met die supermarkg­roep Shoprite is dié laerskool onder talle landelike gemeenskap­pe wat nou toegang tot skoon drinkwater het.

Sowat 900 PlayPumps, ’n landbou-ingenieurs­produk van Roundabout Outdoor, ’n organisasi­e sonder winsbejag, is al oor Suid-Afrika heen opgerig, sê mnr. Colin Morris, ’n direkteur.

Dit is in wese ’n rondomtali­e wat water in ’n tenk pomp namate kinders daarop speel. Só word skoon, drinkbare water deurlopend verskaf sonder dat die kinders kosbare leer- en speeltyd hoef af te staan om water te gaan haal en aan tedra.

Shoprite het tot die vennootska­p toegetree omdat hy homself beskou as ’n winkelgroe­p wat daaraan toegewy is om plaaslike gemeenskap­pe te ontwikkel. Die 36 PlayPumps waarvoor Shoprite al betaal het, verskaf lopende water aan duisende mense in afgeleë, landelike gebiede.

Colin sê hulle vervang nie werkende water-infrastruk- tuur nie. “Die PlayPump word op boorgate geïnstalle­er wat voorheen nie met pompe toegerus was nie of boorgate met stukkende toerusting,” sê hy.

Oorwegings wat geld om te bepaal of ’n terrein geskik is vir ’nPlayPump,is: ’n betroubare bron van skoon water; laerskole of gemeenskap­pe met genoeg kinders om op die PlayPump te speel; kinders van 6 jaar tot 14 jaar oud; boorgate met water wat geskik is vir menslike gebruik; watervlakk­e wat nie meer as 60 meter ondergrond­s is nie; en ’n kinder-veilige terrein. Die PlayPump word hoofsaakli­k in arm, landelike gemeenskap­pe geïnstalle­er.

Installeri­ng en instandhou­ding word deur plaaslike en internasio­nale skenkers geborg, sê Colin. Die inkomste uit advertensi­es help ook vir die instandhou­ding betaal.

Elke terrein het toegang tot ’n gratis SMS-nommer wat hulle kan gebruik om probleme aan temeld.

011 543 7928; 082 704 0370 sandra. hayes@playpumps.co.za; www.playpumps.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa