Landbouweekblad

SA SE VERLIES . . .

-

Mnr. Danie Vorster, hoofbestuu­rder van Merino SA, sê dit was ’n groot verrassing om op sosiale media te lees dat mnr. Tink Strydom ’n algehele uitverkopi­ng gaan hou omdat hy vooraf niks verklap het nie.

“Hy was een van die Merinostoe­ttelers wat vanjaar die beste op veilings gevaar het. In Januarie het hy 75 ramme op sy plaas teen ’n gemiddelde prys van R13 160 verkoop en die topprys was R140 000. Op Frankfort het hy 51 ramme teen gemiddeld R10 108 stuk verkoop.”

Danie sê hy hoop die stoetery sal deur iemand gekoop word om die uitstekend­e teelmateri­aal vir die bedryf behoue te laat bly. “Tink het jare lank BLUP-teelwaarde­s gebruik en dit is belangrike gegewens waarop voortgebou kan word. Suid-Afrika se verlies gaan Australië se wins wees.” Tink het begrip vir die feit dat Australië sy wetgewing rakende burgerskap sedert die toestromin­g van immigrante moeiliker gemaak het. Omdat Leanie ’n gegradueer­de is, sal sy om ’n permanente­verblyfvis­um aansoek kan doen.

Hoewel hy in dié stadium nie beoog om heeltyds in Australië te gaan boer nie, wil hy graag in die wolbedryf betrokke bly. Hy het reeds voelers in hierdie verband uitgesteek.

Of hy nie nagmerries oor sy besluit kry nie, erken Tink dat die werklikhei­d hom elke dag tref. “Ek het die week die laaste keer my skape geskeer. Oor ’n maand hou ek my laaste veiling. Gelukkig het ek die steun van my familie. Al moet ek ’n kruiwa in Australië gaan stoot, doen ek dit om my kinders se onthalwe. Maar ons sal altyd lief bly vir hierdie mooi land.”

’n Week ná die besoek borrel Leanie oor die foon. “Dit is die beste ding wat ons kon doen. Ek en Tink floreer op uitdagings. En ons weet as daar moeilike dae gaan kom, sal ons daar wees vir mekaar.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa