Landbouweekblad

FAIRVIEW MOET BEHOORT AAN MENSE WAT DIT HELP BOU HET

- Same more of the

Wanneer Charles Back uitgevra word oor opvolgbepl­anning, kom sy antwoord sonder aarseling: “Ek wil graag hê dat Fairview eendag ’n besigheid word vir die mense wat hier werk, die mense wat die besigheid saam met my gebou het. Altesaam 10% behoort reeds aan my bestuur — baie van hulle is mense van kleur — en ek praat nie eintlik daaroor of gebruik dit as ’n bemarkings­ding nie, maar dis die werklikhei­d en die mense het daar gekom deur toewyding. Hulle verdien dit.”

Charles bedink nou planne om die werkers ook by grondbesit te betrek. Hy’s glad nie ’n voorstande­r daarvan dat mense deel gemaak word van sukkelende plase in ’n poging om die besigheid om te keer nie.

“Dis laf. Ek kan baie meer doen met die 600 mense wat hier werk as ek hulle in posisies stel waar hulle uiting gee aan hul eie ambisies, as om ’n stuk grond vir iemand te gee. Dan vind bemagtigin­g in werklike tyd in jou besigheid plaas, en as dit later lei tot ekwiteitsd­eling, is dit doodreg.”

Hy meen sy dogter, Bridget, die een wat nés hy is, sal dalk by die besigheid betrokke wil raak. “Maar ek het vir haar gesê dit help nie ons het

en sy kom leer net by Pa nie. Bring dinge waarvan ons nog nie weet nie.”

Sy kinders moenie in sy skaduwee leef nie.

“Ek blyk miskien suksesvoll­er te wees as wat ek regtig is, want my tydsbereke­ning was per abuis korrek. Nou kom iemand anders hier in en die tydsbereke­ning werk nie so goed vir hulle nie. Dan sit hulle hul hele lewe met die storie dat hulle nie so suksesvol was soos hul voorganger nie. En dis nie deur hul eie toedoen nie, maar omdat hulle in ’n ander tydperk is. Dit kan iemand breek.

“Ek is versigtig om te sê my kinders moet by my aansluit in die besigheid as ek nie weet die tyd is reg nie, of tensy hulle iets kan bring wat ons na ’n volgende vlak kan voer nie. Ek het lankal vrede gemaak daarmee, jy kan nie die lewe vir ander mense uit die graf bestuur nie. Ek weet wat my oupa gedoen het aan my pa deur hom nie toe te laat om ’n verband uit te neem nie. Hy’t hom sy hele lewe lank laat sukkel. Ek wil dit nie aan my kinders doen nie. Hulle is vry.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa