Landbouweekblad

Ceres-boere staan bont met planne

- — JOHAN VAN DER MERWE en LUCILLE BOTHA

In die Ceres-omgewing moes vrugte- en groenteboe­re woes planne maak om kop bo water te hou in die droogte, wat nou al sowat drie jaar voortduur en allerweë beskou word as die ergste in meer as ’n honderd jaar. Mnr. van Wakkerstro­om in die Witzenberg­vallei se damme was in Januarie 2016 al byna leeg – met nog 75% van die oes wat aan die bome gehang het. Vanjaar het hy hom só doeltreffe­nd voorberei op minder water dat hy sy vorige rekordoes met 5% kon verbeter. Die belangriks­te is om betyds te reageer en vroegvroeg al jou planne te maak, soos om lank voor vrugset seker te maak daar sit nie ’n oormaat blomme aan die bome nie, sê hy. Ander oplossings was om die boomrye met houtskaafs­els te bedek voor die somerhitte toeslaan, want dit help met vogbewarin­g. Hoewel Robert gereeld besproei het, het hy die tydperke tussen toediening­s verleng en selfs net een keer in 10-14 dae besproei (pleks van een keer per week). Grondvogme­ters was ’n goeie hulpmiddel. Sy laaste voorsorgma­atreël was om die oeslading aan te pas sodat die boom nie onder stres verkeer nie en die volgende seisoen se oes benadeel nie. Hy het bome teen oormatige saadproduk­sie beskerm in ’n poging om energie te bespaar.

Nie ver van Robert af nie, woon

op Cascade Farms naby Prince Alfred Hamlet. Hy het hom voorgeneem dat daar binne twee jaar nie meer ’n enkele druppel water mag wegloop op sy plase nie; daarom het hy in alle ywer lekplekke herstel en syferwater opgevang. “Elke 7 500 m³ tot 8 000 m³ water wat ek spaar, is nog ’n hektaar wat ek kan beplant en ekstra werkgeleen­thede wat ons kan skep. Die herstelwer­k het ongeloofli­k baie gehelp. Ek het einde April nog met damwater besproei wat ek al van Oktober af gebruik. Die laaste water het op 30 September by die dam ingeloop.”

Hy maak ook afsnyslote om syferwater op te vang. Dit word met gravitasie­krag na ’n sentrale punt gelei en gaan dan terug dam toe.

Pietie het in 2016 ’n duur les geleer toe hy noodgedwon­ge met brak boorgatwat­er ’n nektarien- en perskeboor­d moes besproei en sowat 1,5 ha se jong bome as gevolg daarvan gevrek het.

“Ek kan nie bekostig om weer in die posisie te wees waar ek die boorgatwat­er móét gebruik nie. Jy sal minder skade aanrig as jy liewer die boom omtrent geen water gee nie.” Nou gee hy liewer net ’n “druppel per week” aan bome waarvan die vrugte vroeg in die seisoen geoes word.

Pietie beklemtoon hoe belangrik dit is dat die hele span moet saamwerk om water op die plaas te bespaar – selfs met die kleinste dingetjies. ’n Groep van sy werkershui­se is met ’n dubbele waterstels­el toegerus. Dit stel hulle in staat om brakwater in die badkamers en vars water in die kombuise te gebruik.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa