Landbouweekblad

Beproefde veiligheid­stelsel beste in SA

-

In ’n reeks van tien artikels oor plaasveili­gheid wat van Mei tot Augustus in die tydskrif verskyn het, is berig oor Wakkerstro­om se eiesoortig­e beveiligin­gstelsel wat as die mees geslaagde in Suid-Afrika bestempel word.

Eintlik is die gebied ’n resep vir ’n misdaadpar­adys, maar die leierboer mnr. BP Greyling sê danksy ’n reaksiemag, met vrywillige­rs oor kleur-, geloofs- en kultuurgre­nse heen, en samewerkin­g tussen die polisie, reserviste, plaaswagte en staatsaank­laers, is die lys suksesvoll­e vervolging­s en ’n veilige omgewing ’n bewys dat samewerkin­g al oplossing is.

“Dit is onmoontlik om ’n volhoubare, veilige gemeenskap te vestig as jou stelsel nie almal dien en verteenwoo­rdig nie. Ons probeer om by alle veiligheid­strukture in te skakel en op die hoogte van probleme in die gebied te bly sodat ons hulp kan aanbied waar dit nodig is.”

Hy meen daar is nie ’n plaasverva­nger vir ervaring nie. “Ons lede het 30 jaar se ervaring en het ’n onwrikbare vertrouens­verhouding opgebou. ’n Toegewyde mens met ’n fyn waarneming­svermoë saam met die nodige kennis, ervaring en drang om te oorleef, bly die wenresep. Ons lede is 365 dae van die jaar op patrollie . . .”

In ’n stadium het die gebiedsbev­eiligingsm­ag méér onwettige vuurwapens wat in geweldsmis­dade en moorde gebruik is, teruggevin­d as wat die amptelike vuurwapeno­psporingse­enheid in die gebied teruggevin­d het, skryf In nog ’n artikel in die reeks skryf

vuurwapens bied net ware gemoedsrus as jy ’n situasie vinnig kan opsom, jou vuurwapen sonder aarseling kan gebruik en dit in moeilike omstandigh­ede veilig en met vernuf kan hanteer. Die regte opleiding vir die hantering van vuurwapens, soos die besef om net as dit allernoods­aaklik is ’n waarskuwin­gskoot af te vuur, is deurslagge­wend. Jy moet onder druk instinktie­f én akkuraat kan skiet.

Jy mag net dodelike geweld gebruik as daar ’n onwettige aanval op jou persoon is of ’n derde party is wat jy probeer beskerm. Die aanval moet ook op ’n persoon gerig wees en nie eiendom nie. Die aanval moes reeds begin het, of op die punt wees om te gebeur. Jy sal moet bepaal of die aanvaller die

en het om jou ernstige liggaamlik­e skade aan te rig. Is daar ’n wapen sigbaar? Iemand wat jou van agter ’n veiligheid­shek met ’n mes dreig, het byvoorbeel­d nie die geleenthei­d om jou aan te rand nie, maar wél iemand met ’n vuurwapen in sy besit.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa