Landbouweekblad

‘Ek spaar nooit op presisiebo­erdery nie’ — Gerhard Bruwer

- — LUCILLE BOTHA

Hoëtegnolo­gie-boerderybe­ginsels het die Genade-boerdery op Douglas se opbrengste met sowat 10% opgestoot, maar ook produksiek­oste met ongeveer 10% verminder.

Dít is hoekom hy nooit op hierdie beginsels sal spaar nie, sê mnr. Gerhard Bruwer, oudste seun van mnr. Vickie Bruwer. Die boerdery is in 2016 aangewys as ’n GWKikoon in gewasprodu­ksie.

Die boere in die omgewing verwys na hoëtegnolo­gieboerder­y as HTB. Dit is ’n omvattende projek wat die afgelope ses jaar deur GWK aangevuur word en die doel is om aan boere ’n volledige presisiebo­erderydien­s te verskaf.

“Dit begin met besproeiin­gskeduleri­ng. Dan kyk ons na die kunsmis wat jy gee en die kultivars wat jy op sekere lande plant. Ons kyk met satellietb­eelde uit die lug na die chlorofil in die plant om die goeie en swak plekke op die landerye te identifise­er. Ons kyk ook na die NDM-(normalised difference­d moisture) indeks,” sê Gerhard.

Hulle bemes nie net om te bemes nie,

maar bestudeer wortelontw­ikkeling en verdigting­slae met profielgat­e. Hulle gebruik ook die duisendkor­relmassa by koring om te bepaal hoeveel hulle moet plant om ’n spesifieke hoeveelhei­d halms te oes. Dan bepaal hulle die grondstatu­s, maak regstellin­gs en werk ’n spesifieke bemestings­program per plaas of spilpunt uit.

“Dis spoon feeding, want jy gee vir die plant presies wat hy nodig het.”

Dit geld ook besproeiin­g, en die Bruwers maak deesdae hul somme volgens rand per millimeter water toegedien. Só het hulle besef dis lonender om meer grondbone en minder koring en mielies aan te plant. Grondbone gebruik 30% minder water, daarom vaar dit R/mm beter as mielies of koring. Op dié manier kry hulle dit reg om dieselfde omset te handhaaf, ondanks ’n 15%-beperking op hul besproeiin­gswater.

Deurslagge­wend tot die sukses van HTB is ’n vinnige reaksietyd – tekorte word byvoorbeel­d onmiddelli­k reggestel.

Dit kos sowat R140/ha om aan die presisiepr­ojek deel te neem. Kleingeld, meen Gerhard. “Ons kan nie bekostig om rond te speel nie, maar moet presies weet wat aangaan.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa