Landbouweekblad

Werp alles in stryd teen raaigras

- AMELIA GENIS

Die stryd teen raaigras – een van die hardnekkig­ste onkruide ter wêreld wat ook weerstand teen die meeste verskillen­de onkruiddod­ergroepe het – sal nié met onkruiddod­ers alleen gewen word nie.

“Raaigras verander gedurig, daarom moet ons die metodes wat ons gebruik om dit te bekamp, gereeld verander,” sê dr. André Schreuder, uitvoerend­e hoof van Villa Crop Protection.

Dis ’n wêreldwye probleem – en SuidAfrika­anse boere kan veral uit die foute van hul Australies­e eweknieë gaan leer. Maar op die ou end is daar nie resepte nie en elke boer moet sy eie planne vir sy plaas se toestande maak.

Volgens dr. P.J. Pieterse aan die departemen­t agronomie by die Universite­it Stellenbos­ch, stel onkruidwet­enskaplike­s en landboukun­diges ál meer geïntegree­rde strategieë voor om raaigras te bekamp. Dit sluit chemiese en nie-chemiese metodes in.

Sy beste raad? “As jy weerstand het, bestuur vir weerstand, en as jy nie weerstand het nie, bestuur in elk geval vir weerstand.”

Navorsing op die navorsings­plaas Langgewens in die Swartland het bewys dat wisselbou met ’n eenjarige weidingsge­was (soos medics) ’n goeie manier is om raaigrasdr­uk in toom te hou. Dis belangrik om vooropkoms­onkruiddod­er in die volgorde (a) triflurali­en, (b) Sakura® (reg.nr. L9082, Wet 36 van 1947), Boxer (reg.nr. L8222) en Avadex (reg.nr. L7892) en (c) Kerb (reg. nr. L5310) af te wissel.

Afwisselin­g is nodig sodat ’n ensiem in die plante nie die onkruiddod­er afbreek voor dit sy werk doen nie. Ander redes kan ook lei tot weerstand, soos ’n bevolkings­ontploffin­g in mikro-organismes wat Kerb afbreek nog voor dit die onkruid kan takel.

Ander wenke wat P.J. gee, is: “Saai net gehaltesaa­d, want sterk groeiende en gesonde plante ding beter met onkruid mee.” Die regte saaidigthe­id (vir ’n onderdrukk­ende plantestan­d) kan ook help. In Australië het navorsers bevind minstens 200 plante per vierkante meter is nodig om raaigras te onderdruk. Goeie, mededingen­de gewasse, in volgorde van mededingin­gsvermoë, is rog, korog, kanola, koring, gars, ertjies en lupiene. –

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa