Landbouweekblad

Sonder grond droom dié jong boer groot

- — AMELIA GENIS

Net ná matriek moes die 26-jarige Cornel Landman van Oudtshoorn uitspring om as plaasbestu­urder te werk. Geld vir grond of verdere studie was daar nie.

Toe dié plaas verkoop is, het hy sy werk verloor en in 2013 het hy ’n stukkie luserngron­d gehuur. Daar het hy die potensiaal van lusern raakgesien en grond bygehuur. Vandag boer hy met lusern, bedryf ’n volskaalse lusernonde­rneming wat 70 ton lusern per dag maal, ’n winsgewend­e melkery, vervoerver­takking – én verskaf werk aan 75 mense. Boonop kon dié finalis in die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar sy skoolseund­room van ’n skaapvoerk­raal bewaarheid.

Sy ondernemin­g Karoo Lusern is by feitlik die hele lusernwaar­deketting betrokke en vermy vermorsing deur waardetoev­oeging. Oorskotlus­ern van die fabriek word gevoer aan die koeie in hul melkery met 92 koeie. “Dit gaan ongeloofli­k goed met die melkstal omdat die voerkoste taamlik laag is. Ons wil nie 1 000 koeie melk nie. Solank ek waarde tot my afvalluser­n toevoeg, is ek tevrede.”

Nog ’n manier waarop oorskotlus­ern benut word, is ’n voerkorrel­aanleg.

Cornel sê deesdae moet boere sakemense wees. “Ja, jy moet ’n liefde vir boerdery en die natuur hê, maar as jy nie ’n kop vir sake het nie en nie bereid is om jou produkte aan die eindverbru­iker te bemark nie, gaan jy sukkel om in moeilike toestande voort te bestaan.”

Hy geniet wat hy doen en meen hy is baie geseënd. “As ek 100 mense kan werk gee en elke mens wat vir my werk, het ten minste vyf afhanklike­s, gee ek 500 mense kos.”

Boonop help hy nuwe swart boere op hul plaas in die Baviaansko­of. Op die plaas Sewenfonte­in, ’n gemeenskap­sboerdery met 74 aandeelhou­ers waarvan 7 op die plaas werk, het Cornel ’n dam gebou en spilpunte opgerig om 30 ha onder besproeiin­g te kry. Hy help hulle ook met ’n afsetgebie­d vir hul lusern.

Groei is ononderhan­delbaar. Sy omset het die afgelope jare met onderskeid­elik 52%, 25% en 36% (in 2016) gegroei. Sy skuldlasve­rhouding het van 7:1 in 2014 tot 5:1 verlede jaar gedaal.

Hy wil sy omset oor vyf jaar vervyfdubb­el. “Hier is genoeg grond, bestuurska­pasiteit en mense wat werk soek.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa