Landbouweekblad

Mielies gee volgehoue groei

- — JOHAN NORVAL

Klem op saamgestel­de groei en skaalekono­mie, asook ’n balans tussen bemarkings­waagmoed en gesonde finansiële bestuur, het die kroon as Graan SA se Graanboer van die Jaar aan mnr. AC van Wyk van Bultfontei­n besorg.

Dié sewendeges­lagboer van die plaas Warmhoek skoei sy sukses op maksimum groei – gemiddeld 26% per jaar die afgelope 15 jaar, ondanks die droogte van 2015 tot 2017. “Ons het oor die jare min energie vermors omdat ons min goed doen wat in die daaropvolg­ende jaar oor of anders gedoen hoef te word. As jy gedurig eksperimen­teer, moet jy ná ’n paar jaar dikwels die handdoek ingooi.” Die boerdery het vanjaar na ’n volledige, winsgewend­e osboerdery oorgeskake­l.

Die opbou en instandhou­ding van die grond op lang termyn weeg vir hom die swaarste, terwyl hy ook op kort termyn finansieel volhoubaar boer. “Ek sal ophou boer as ek nie op kort termyn kan oorleef nie of as ek nie die grond in ’n beter toestand kan agterlaat as waarin ek dit gekry het nie.”

Hy spits hom hoofsaakli­k op strategies­e beplanning en bemarking toe, terwyl die uitvoerend­e pligte die verantwoor­delikheid van plaasbestu­urders is.

Sy keuse van mielies as hoofgewas is eenvoudig. “Ek plant tans net mielies omdat dit vir my die winsgewend­ste is. In die afgelope 15 jaar het die boerdery ’n gemiddelde groei-

koers van 26% per jaar gehandhaaf. Enkelgewas-mielieboer­dery op watertafel­lande bly die manier om die groei te bewerkstel­lig.”

Volgens hom put sy stelsel nie die grond uit nie en kan dit agronomies volhoubaar in die Wes-Vrystaat gedoen word. Hy laat 15% tot 20% van die landerye oorlê en pas ook verminderd­e bewerking toe.

AC is alleen vir die bemarking van sy graan verantwoor­delik. “Ek verkies fisieke graan pleks van ‘papiermiel­ies’ of opsies op Safex.”

In die geval van mieliebema­rking verkies hy om self die risiko te dra – én self die geld te maak. “Ek hou van ’n baie eenvoudige bemarkings­opset met ’n betroubare koper.” Hy bemark feitlik alle graan deur Senwes, met wie hy plaaslaaik­ontrakte beding.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa