Landbouweekblad

Tlakgameng se tennis-oase

- — WILLEM VAN DER BERG

Diep in Noordwes, naby Tlakgameng, speel boere van die omgewing al 53 jaar lank saam tennis. Dit het gemaak dat hulle nou ’n baie hegte gemeenskap is.

Op dieselfde tennisbane waarlangs die boer Carey Lee so te sê grootgewor­d het, die einste bane van die klub waarvan sy ouers in 1964 stigtersle­de was, kry jy nou Saterdae sy kinders Briggs en Synteche.

In dié bees- en wildwêreld vol kameeldori­ngbome is dit die laaste plek waar jy ’n klomp boere Saterdae gaan aantref.

“Dit is regtig wonderlik as jy dink dat dit net hierdie omgewing se boere is wat die klub al soveel jaar aan die gang hou,” sê Elmarie, Carey se vrou, wat soos soveel ander Afrikaanse vroue van die omgewing met ’n “Engelsman” getrou het. “Ons maak nie sommer ander planne vir ’n Saterdagmi­ddag

nie. Die tennis is ’n vaste instelling.”

Die vier bane en klubhuis is op die plaas May. Dié plaas het sedert die klub se ontstaan sy derde eienaar en elkeen het die tennisklub aanvaar en ook self betrokke geraak.

Hier word dubbels gespeel. “Maar hier word nie opgewarm nie,” sê Linda Harvey. “Ons mors nie energie nie. Ons kragte moet nog tot vanaand twaalfuur toe hou.”

So tussen die eerste en tweede afslaan, ná skelm drop shots en terwyl kante geruil word, word nuus en stories oorvertel. Die stoep raak vol mense wat sit en kuier. Op die gras speel jong ma’s en klein kindertjie­s . . .

“Dié weeklikse bymekaarko­m gaan nie net oor tennis speel nie,” sê Amanda Beck. “Baie mense kom net om saam te kuier. En dis dalk die belangriks­te. Dit bind regtig dié gemeenskap.”

Tydens die ete vra ek Bart hoekom hy reken hul tennisklub ná al die jare steeds so goed vaar. “Dit is ’n oase. Vroeër jare was hier vyf klubs in die omgewing. Nou is net ons oor. Ek dink dis ons mense. Dit is mense wat belang stel in mekaar en met mekaar kan gesels en redeneer en verskil ook, ja, maar sonder om op mekaar neer te kyk.

“En, jy weet, die vroue wat hier aankom, is meestal van ander plekke en van stede af. Ná ’n jaar is die romantiek van die plaaslewe verby. Dan is die hoendertji­es om die huis en die saamry veld toe nie meer snaaks en oulik nie. Dan help die samekoms hier baie. Die vroue voel hier deel van ’n gemeenskap en het vriende wat presies verstaan wat hulle bedoel en beleef.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa