Landbouweekblad

Tegnologie versnel teelvorder­ing

- — JOHAN NORVAL

Die Van Pletzen-familie van Jamestown in die Noordoos-Kaap het die afgelope 15 jaar vordering behaal wat ’n verstommen­de 85% hoër as die rasgemidde­lde is, danksy hul gesamentli­ke benutting van teeltegnol­ogie.

Die Van Pletzen-broers Ras en Niel, en hul neef Diederik, bedryf elkeen hul eie Merinostoe­tery, maar werk oor ’n breë spektrum saam as vennote in Van Pletzen Merino’s (VPM). Die grootste daarvan is die uitruil van teelmateri­aal om kuddes te verbeter, maar hulle help ook met toesig op die ander se plase, deel die koste met gesamentli­ke aankope en bied saam twee veilings per jaar aan.

Die groep se teelvorder­ing is duidelik deur die toename in die stoetery se relatiewe ekonomiese waarde (REW) van R39 per kleinvee-eenheid (KVE). Dit is 85% beter as die rasgemidde­lde van R21 per KVE. Die REW neem ekonomies belangrike eienskap- pe, soos vrugbaarhe­id, groei en wolgehalte, in ag. Dit word uitgedruk in R/KVE/jaar en is ’n teelwaarde wat die verskil in randwaarde tussen diere of stoeterye aantoon. Hul teelwaarde­s vir bouvorm (0,67) en wolgehalte (0,53) is ook meer as die rasgemidde­lde van onderskeid­elik 0,11 en 0,15.

“Die teel van doeltreffe­nder skape – diere wat ’n hoër inkomste teen ’n laer koste lewer – is ’n stadige proses, maar deur teeltegnol­ogie te benut, kan jy baie vinniger vorder as in die verlede. Vinnige teelvorder­ing vereis egter die toegewyde en akkurate aantekenin­g van produksie-eienskappe wat die inkomste van skaapboerd­ery bepaal,” sê Diederik.

Die grootste voordeel van prestasiem­eting is die vermoë om teellyne met meerderwaa­rdige genetiese eienskappe te kan uitwys. Al drie die Van Pletzen-stoeterye neem aan die Merinoplan van Merino SA deel. Dit behels onder meer die aanteken van ouerskap, geboorte- en speenstatu­s van lammers, jaaroudgew­ig en wolproduks­ie. Die wol word vir skoon opbrengs, stapelleng­te en veseldikte ontleed. Aantekenin­g word dus gehou van die meetbare eienskappe wat oorerflik is en ’n regstreeks­e geldwaarde het.

“Elke dier (word) getoets, maar sy hele familie se produksie word gebruik om sy eie teelwaarde te voorspel. Dit is dus heelwat akkurater as indekse.”

Al drie telers stem saam dat die niemeetbar­e eienskappe ewe belangrik is as teelwaarde­s. “Dis ’n kwessie van balans dat die hand-en-oogmetode aanvullend gebruik word tot die teelwaarde­s om uitsonderl­ike teelmateri­aal te selekteer.”

Die Van Pletzens se hoofdoelwi­t is om Merino’s te teel wat weiding ten beste ekonomies in vleis en vag van ’n hoë gehalte kan omskakel. In die seleksiepr­ogram word beter groei en hoër skoonwolpr­oduksie met langer vesel beklemtoon. Vrugbaarhe­id is uiters belangrik omdat dit winsgewend­heid so beïnvloed. Melkproduk­sie en goeie moedereien­skappe tel ook baie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa