Landbouweekblad

Klein Angusstoet­ery skitter in wêreldaren­a

- JOHAN COETSEE

Puik teelmateri­aal geniet voorrang in die klein, suksesvoll­e Angusstoet­ery van mnr. Jaco Smit van Moorreesbu­rg. Sy Black Mamba-stoetery kon vanjaar pronk met die derde beste Angus ter wêreld én nog ’n koei in die eindronde van die gesogte Angus Miss World-kompetisie in Texas, Amerika. Nie sleg vir ’n naweekboer sonder grond nie . . .

Black Mamba Nelene, een van Jaco se nege beeste, het geseëvier as kampioen in die Angus Miss Asia/Africa-stryd, ’n internetko­mpetisie wat die gerekende teler en oud-Suid-Afrikaner PJ Budler reël.

Sover bekend is Jaco die eerste teler ter wêreld wat ’n rooi én ’n swart koei in die eindronde het. Black Mamba Leah was derde in die Miss Asia/Africa-stryd.

“Die Angus se genepoel in Suid-Afrika is groot en puik teelmateri­aal is beskikbaar – dit was die beesras vir my.”

“Ek wil heeltyd puik diere teel en stel nie belang in uitskieter­s se buitengewo­ne, dikwels eenmalige, prestasies nie. Ek soek deurlopend genetiese diepte wat deur goeie ouers en voorgeslag­te oorgedra en vasgeteel is.”

Jaco selekteer vir goeie moedereien­skappe, temperamen­t, ’n goeie uier, goeie vleiseiens­kappe en ’n goeie bouvorm-tipe vir goeie beweeglikh­eid. “Ek het nog geen probleme met kalftyd gehad nie, maar as ’n koei met kalftyd gehelp moet word, prul ek haar.”

Jaco is baie gesteld op bloedlyn-geskiedeni­s. “Ek weet presies hoe my diere se ouers presteer het, asook hul oumas en oupas, en selfs hul ouma- en oupagrootj­ies se prestasies is belangrik.” –

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa