Landbouweekblad

Duurste lekke nie altyd nodig

- — MARLEEN SMITH

In ’n era waarin toepaslike plaasnavor­sing deur staatsinst­ellings en selfs by universite­ite aan die agterspeen suig, het dr. Liesel Foster van Quaggafont­ein tussen Zastron en Sterksprui­t haar eie plaas, infrastruk­tuur en kudde gebruik om ’n doktorale studie oor die kostedoelt­reffendhei­d van winterlekk­e te doen.

Dié finalis in ’n vorige Voermol Beesboer van die Jaar-kompetisie sê daar word dikwels te veel klem op produksie in ekstensiew­e veeboerder­ye gelê, terwyl koste net so ’n bepalende faktor vir oorlewing is. In die navorsing het sy drie verskillen­de lekke se invloed op

produksie en winsgewend­heid in haar boerdery vergelyk. Haar navorsing het gewys dat ’n mens op goed bestuurde, gemengde veld met ’n goeie samestelli­ng van plantsoort­e en produksie die hoogste wins behaal met teelkoeie wat in die somer ’n mineraalle­k met 6% fosfaat gekry het, en ’n proteïenle­k met ureum in die winter. Die insluit van natuurlike proteïen in die winterlek was nie ekonomies geregverdi­g nie. Drie jaar se noukeurige meting het geen betekenisv­olle verskille in dragtighei­dspersenta­sie en kondisiete­lling tussen die drie verskillen­de groepe aangedui nie. Liesel skryf dit daaraan toe dat koeie op al drie die lekbehande­lings teikengewi­gte om

dragtig te raak, bereik het. “Wat kondisie en dragtighei­d betref, is daar drempelwaa­rdes wat bereik moet word vir suksesvoll­e besetting. Die teikengewi­g-reeks (van drempelwaa­rdes) is dus met al drie die lekbehande­lings gehandhaaf.”

Sy boer in ’n marginale deel van die SuidVrysta­at wat die laaste jare kwaai onder veldbrande deurgeloop het en die heel strafste deur die rampdroogt­e getref is. Tog het haar beeste deurentyd goeie kondisie behou en was dit nie nodig om een keer haar kudde te verklein nie.

Liesel skryf dít veral toe aan die feit dat sy streng by die reël hou om ’n derde van haar veld jaarliks ’n volle groeityd te laat rus.

Sy volg ’n konserwati­ewe beladingsb­eleid: Sowat 7,5 ha per grootvee-eenheid (GVE), terwyl die amptelike voorskrif vir die gebied van 5-7 ha per GVE is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa