Landbouweekblad

Opleiding en die ‘basics’ laat produksie klim

- — LUCILLE BOTHA

Sy pad na die landbou het ’n nederige begin as plaaswerke­r se seun gehad, maar vandag pluk mnr. Frikkie Jacobs, plaasbestu­urder op een van die Bo-Radyn-boerdery se appel- en peerplase, die vrugte van die ervaring wat hy by vorige werkgewers, soos die Dutoit Groep en Capespan, opgedoen het.

Onder sy knap hand het produksie op Queen Anne, die plaas wat hy bestuur, binne twee jaar met byna 60% gegroei. Hy is onder meer in 2015 as Hortgro se Plaasbestu­urder van die Jaar aangewys.

“Ons het net die basics begin reg doen, soos om die regte hoeveelhei­d misstof en besproeiin­g op die regte tyd toe te dien, voorkomend plaagbestr­yding toe te pas, moeilike hellings beter te bestuur en snoei- en uitdunprak­tyke te verbeter.”

Hy het baie geloof in presisiebo­erdery, daarom werk hy nou saam met Agrimotion om plantvoedi­ng te verbeter en grondregst­ellings te maak. DFM se sagteware en vogmeters sorg ook vir goeie besproeiin­gskeduleri­ng.

Opleiding het egter die grootste omwentelin­g in die boerdery teweeggebr­ing. Frikkie se passie is juis opleiding en mense-ontwikkeli­ng.

“Die Le Roux-familie (eienaars van Bo-Radyn) sê altyd hulle boer nie met vrugte nie, maar met mense.”

Eers het Frikkie gesorg dat die junior bestuurder­s opleiding kry (verskeie kursusse). Dis belangrik dat hulle die primêre boerderyta­ke verstaan sodat hulle hul kennis aan toesighoue­rs kan oordra. Daarna was dit die toesighoue­rs se beurt om vir Shine-opleiding te gaan. Die klem was op plaas- en lewensvaar­dighede. “Ons bevorder ook ’n leeskultuu­r. Ons probeer vir elke permanente huisgesin ’n Landbouwee­kblad gee sodat hulle kan verstaan waaroor die landbou gaan. Dis goed dat werkers weet wat in die breë landbou en in ander bedrywe as hul eie aangaan.” Frikkie beskou egter steeds swart ekonomiese bemagtigin­g as ’n struikelbl­ok in die landbou. “Die huidige model móét verander. Op die oomblik kom grond in die hande van mense wat regtig nie weet wat om daarmee te maak nie.” As iemand wat homself al bewys het as boer, sal hy graag grond wil hê? “As jy my vyf jaar gelede gevra het, sou ek ‘ja’ gesê het. Vandag sit ek op ’n plaas van 140 ha en ek werk vir ander mense. Maar dié plaas ís myne, want hier word ek toegelaat om myself uit te leef. Bemagtigin­g is gewoonlik waar iemand in jou belê deur grond, maar tans belê die Le Rouxs in mý. Ek is finansieel onafhankli­k en hoef nie bakhand te staan nie. By Bo-Radyn beteken ’n belegging in mense om hulle in staat te stel om eiendom te besit, ’n eie motor te hê en kinders na goeie skole en selfs universite­ite te stuur. Hulle maak dit álles vir my moontlik.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa