Landbouweekblad

Haarfyn waterbestu­ur lei tot besparings

- AMELIA GENIS —

’n Geïntegree­rde benadering tot besproeiin­g op die Dutoit-groep se plaas Meulrivier in die Langkloof het die afgelope seisoen gehelp dat 400 m³ minder water per hektaar per jaar op die warmer dele en 1 300 m³ minder water op die koeler dele gebruik is. En dít sonder om vrugte-oeste te benadeel.

Die Dutoit-groep laat elke druppel tel en gebruik ’n rekenaarbe­sproeiings­telsel, vogmeters en die raad van ’n grondkundi­ge én hortoloog.

Een van hul plaasbestu­urders op Meulrivier, mnr. Gert Joubert, sê dié seisoen was noukeurige waterbestu­ur ’n voorrangsa­ak.

Besproeiin­gskeduleri­ng is buigsamer en meer doelgerig sedert die plaas se Agrico-besproeiin­gstelsel in sy geheel gerekenari­seer is met ’n Gulf-stelsel. “In die verlede het ons krane met die hand oop- en toegedraai. Nou het ons ’n rekenaar wat dit doen én ek kan die rekenaar van ’n sentrale punt af beheer.”

Gert sê hulle kan nou ook makliker in die nag besproei.

Vogmeterte­gnologie van DFM Technologi­es help Gert verder om makliker besproeiin­gsbesluite te neem en water te bespaar. Waterbespa­ring met behulp van drupperteg­nologie en tegnologie wat skedulerin­g verbeter, het veral die afgelope droë seisoen gehelp dat hulle nie opbrengs inboet nie.

Gert beskou DFM-vogmeters en skedulerin­gsagteware as onontbeerl­ike tegnologie. “Hiermee weet ek te alle tye presies wat die grondvogst­atus is. Dit maak nie saak waar ek my bevind nie, ek kan met my selfoon op Probe schedule aanteken en presies sien wat in elke boord aangaan. Dit stel my in staat om vinnig regstellin­gs te maak indien ’n spesifieke boord droog is.”

Gert werk nou saam met me. Angelique Zeelie, ’n grondkundi­ge en hortoloog

van Akasha Irrigation Management op Somerset-Wes. “Sonder haar bydraes sou ons nie die seisoen kon deurgaan met minder water en nog ’n goeie opbrengs kry nie.” Voerkorrel­s in die ry! Op ’n spesiale besoek aan Krone en Kuhn se fabrieke in Duitsland en Frankryk kon Charl van Rooyen, assistentr­edakteur van Landbouwee­kblad, ’n voorsmakie kry van hoe die werktuie van die toekoms daar uitsien. Die uitskieter was die Krone Premos 5000, die eerste in sy soort ter wêreld, wat hooi of strooi regstreeks van die land af optel en in die ry op die land voerkorrel­s maak. “Dit was soos ’n tsoenami soos die boere oor die eerste konsepmode­l

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa