Landbouweekblad

Skaars wild en bewaring werk saam

- — JASPER RAATS

Of BJ Vorster Game Breeders R27 miljoen sal kry vir Mopanie – die swartwitpe­nsbul wat hulle in 2015 by mnr. Piet Warren gekoop het – kan ’n mens net raai. Dié bul se horings het pas die 50”-kerf oorgesteek en hy teel pragdiere in die trop van 30 koeie waar hy op die Vorster-plaas, Thiergarte­n, in Letsitele naby Tzaneen loop.

“Ons sal hom nie maklik verkoop nie,” sê mnr. Barend Vorster, hoof van dié familieboe­rdery se wildbedryf. “Ons het verlede jaar twee keer meer verdien vir vroulike diere wat dragtig is met sy kalwers as met dié van ander bulle. Hy is elke sent werd en hy bly net hier.”

In Mopanie se trop is daar vroulike diere afkomstig van die meeste topbulle in Suid-Afrika. “Ons teelprogra­m bestaan uit drie topbulle wat geensins aan mekaar verwant is nie. Tussen hulle het ons die keuse om van ons top- vroulike diere van verskillen­de bloedlyne by hulle te laat loop.”

Deesdae, sê Barend, is die neiging weer na ekstensiew­e weidingkam­pe toe, maar met intensiewe bestuur. “Een van die swartwitpe­nse se grootste bedreiging­s is die toename van inwendige parasiete.”

Daarom doseer hulle gereeld deur verskillen­de middels afwisselen­d in die bokke se voer in te meng. Barend gebruik ’n doseringsp­rogram gegrond op die hoeveelhei­d parasiet-eiertellin­gs wat gereeld met behulp van mismonster­s gemonitor word.

Die Vorsters se suksesgehe­im is om die natuur so min as moontlik te versteur terwyl dit intensief bestuur word. Hulle ploeg die geld wat uit teelprogra­mme verdien word, in by die bewaring van bedreigde diersoorte, soos wildehonde.

Die honde het sowat 14 jaar gelede hul verskyning op Thiergarte­n gemaak.

Barend se pa, Edward, het besef die vier honde wat daar aangekom het, gaan nie lank oorleef in ’n omgewing waar wild- en beesboerde­ry die norm is nie.

Ná ’n lang proses het hy toestemmin­g gekry om die vier honde op sy plaas toe te span en te beskerm.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa