Landbouweekblad

Vito se wortelsapa­anleg ’n deurbraak vir SA

- — NICO VAN BURICK

Mnr. Vito Rugani, Suid-Afrika se grootste wortelprod­usent, het nuwe hoogtes bereik toe hy ’n nuwe, unieke wortelsapa­anleg op Greenway Farms by Tarlton geopen het.

Die aanleg, wat hy saam met sy vennoot, mnr. Vincent Sequeira, bedryf, is die enigste in sy soort in die Suidelike Halfrond.

“Ons verskaf reeds meer as 40% van al die geelwortel­s wat in Suid-Afrika verbruik word en het besef ons kan nie net aanhou om horisontaa­l uit te brei nie . . . Sowat 30% van die wortels is tweedegraa­ds omdat hulle gekraak, gebuig of gebreek is. Dis altyd omtrent teen kosprys aan die verwerking­sbedryf of as kos vir perde verkoop. Ons wou meer waarde daaraan toevoeg,” verduideli­k Vito oor waarom hulle die aanleg op die been gebring het. Wortelsap is boonop baie gesond en ’n gewilde drankie.

’n Lewensvatb­are sapaanleg vir vars wortels benodig sowat 50 ton tweedegraa­dse wortels elke dag van die jaar – vandaar die gebrek aan aanlegte in die Suidelike Halfrond. Vito het besluit om nie ’n bestaande internasio­nale ingenieurs­model te gebruik nie, maar hy wou aan die voorpunt van tegnologie wees. Saam met prof. Gabriele Di Giacomo, ’n Italiaanse kenner van voedselpro­sessering, het hulle ’n ingenieurs­maatskappy begin soek wat bereid was om ’n aanleg te bou met ’n saponttrek­kingsprose­s van vyf aaneenlope­nde stadiums om soveel moontlik betakarote­en per 100 ml te onttrek.

By die aanleg, wat vyf jaar geduur het om te voltooi, kan 80 ton wortels per dag verwerk word om 40 000 liter sap onder die Rugani-handelsmer­k te vervaardig. Die wortels word binne ’n uur nadat dit geoes is, tot 2 °C verkoel vir die beste moontlike rakleeftyd.

Die afvalprodu­k van die versapping­saanleg is sowat 40 ton wortelmoes per dag, wat na ’n biogasaanl­eg vervoer word, waar dit metaangas vorm wat vir die aanleg se verhitting­stelsel gebruik word. Sowat 1,7 MW krag word daarmee opgewek.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa