Die Sandveld ’n ‘pot goud’
Vir een van Suid-Afrika se topboere, mnr. Rossouw Cillie van Laastedrift-boerdery, Ceres, hou die Sandveld, danksy sy klimaat, grond en water, ’n reusegeleentheid in om een van Suid-Afrika se koskaste te raak.
Supermarkte plaas ál meer druk op hom om 12 maande van die jaar groente aan hulle te voorsien, dus was Rossouw gedwing om sy horisonne te verbreed. Die Sandveld is eintlik bekend om sy puik aartappels, maar aartappelboere sukkel weens die kosteknyptang en ander struikelblokke (soos virusse).
“My pa se siening was altyd dat die Sandveld ’n reusekans inhou, maar hy’t ook gesê die sukses gaan nie net met aartappels gebeur nie.” Rossouw boer nou ook op twee Sandveldse plase – Sebulon en Nuwerus – met beet, botterskorsies, wortels, uie-saailinge en patats in ’n gewasrotasie onder spilpunte.
Hy’s veral opgewonde oor die “ongelooflike mikroklimate” en gehalte en eenvormig- heid van die grond in die streek.
“Die mikroklimate op Sebulon verskil so baie dat ons somer- én winterproduksie van groente daar kan doen. Met Nuwerus het ons nóg ’n kans gekry vir somer- én winterproduksie. Daar is min streke in Suid-Afrika waar jy twee groente-oeste per jaar en so ’n verskeidenheid gewasse kan verbou – ook permanente gewasse.” Daar staan reeds sitrus, wingerd en peerboorde op ’n paar plekke in die omgewing, en gerugte loop oor avokado’s, bloubessies en subtropiese vrugte wat ook geplant kan word.
Rossouw reken die wisselende watergehalte kan omseil word deur gewasse te kies waarvoor die water wél geskik is. Volume- en waardebepaling van water is wél belangrik. Ander struikelblokke kan onwillige arbeid, wind en die gebrek aan stelsels wees.
Hy sê die landbou moet vorder en die nuwe kanse in die Sandveld is ideaal daarvoor.
“Veranderings en aanpassings is die sleutel tot sukses, groei en ontwikkeling. Dit skep ontsettend baie geleenthede. Ek dink ons sit op ’n pot goud hier. Met die mikroklimate en grond kan hier in die Sandveld nog baie kanse ontstaan,” het hy aan gesê.
berig nog ’n boer wat ’n leemte in die mark gesien – en dit gevul het – is mnr. Robert Paterson van die Twaktuinboerdery naby Clanwilliam. ’n Laer siektedruk en ’n later bemarkingstyd bring groot geleenthede vir voornemende avokadoboere in die Wes-Kaap – dis te sê as hulle net jong bome in die hande kan kry.
Hy’t sy navorsingswerk in Chili gedoen en praktyke plaaslik aangepas. Omdat die siekte- en plaagdruk laag is in die gematigde, droë klimaat van die suide, is die produksiekoste van avokado’s in die Wes-Kaap ook effens laer as in die noorde. “Nóg ’n voordeel is dat ons bome baie kleiner is. Ons kry nie dieselfde groeitempo as in die noorde nie en die boom gebruik baie meer energie vir die produksie van vrugte as vir vegetatiewe groei. “Ons oes effens meer per hektaar as in die noorde, maar dit het ook daarmee te doen dat die spasiëring van die bome in die boorde in die noorde groter is as wat deur die jongste denkskool aanbeveel word.”
Robert sê ’n opbrengs van 20 t/ha is moontlik. Dit kom neer op sowat R360 000/ha