Landbouweekblad

Bewaringsb­ewerking kán werk in Noordwes

- — MARLEEN SMITH

Omvattende internasio­nale studies oor in watter soort grond en klimaat bewaringsb­ewerking die grootste kans op sukses het, dui aan dat die noordweste van Suid-Afrika – anders as wat eers geglo is – uiters geskik is vir bewaringsb­ewerking met ’n deklaag.

Vir die eerste studie is die resultate van 61 proewe in Amerika en Kanada ontleed om die invloed van bewerking op mielie- en soja-opbrengste te bepaal. Dit het 687 jaaren plek-kombinasie­s verteenwoo­rdig. Die tweede studie, waarvan die resultate onlangs gepublisee­r is, is ’n meta-ontleding van 678 bewaringsb­ewerkingpr­oewe oor 50 gewasse en 63 lande heen.

Uit albei kan afgelei word dat die ligging, klimaat en grond van Noordwes besonder goed geskik is vir bewaringsb­ewerking, het dr. André Nel, ’n onafhankli­ke akkerbouku­ndige, op die Ottosdal-geenbewerk­ingklub se jaarlikse bewaringsl­andboukonf­erensie gesê. Nog vereistes vir makliker bewaringsb­ewerkingsu­kses is ’n halfwoesty­nagtige klimaat: Warm en met gereelde droogtes, asook grond met ’n lae waterhouve­rmoë.

Die waarde van ’n deklaag om die afloop van water te stuit, kan egter nie misgekyk word nie. In ’n ouer proef naby Potchefstr­oom is getoon dat die verskil in afloop tussen bedekte en onbedekte grond waar 316 mm reën geval het, 194 mm is. Meer as 2 ton mielies en 2 ton oesreste kon per hektaar gelewer word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa