Landbouweekblad

Biologiese produk dokter brakgrond

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die goggas in die grond het skielik ’n goudmyn geword vir mnr. Cordré Smith, groente-en-vrugteboer van Erfdeel tussen Ceres en Touwsrivie­r. Hy het vier jaar gelede 12 ha appelbome op sy plaas gevestig. Dit was op dieselfde grond waar die jaar vantevore appels gestaan het, sonder om die grond ordentlik voor te berei, want die jong boompies was op kort kennisgewi­ng beskikbaar. Die risiko van appel-herplantsi­ekte was dus groot.

Die grond is diep losgemaak met ’n skeurploeg en die bome is geplant. Toe die somer kom, het die boompies gebot, maar van groei was daar nie sprake nie en Cordré het besef herplantsi­ekte het dié boompies beetgepak.

Die volgende seisoen is daar vyf maande lank maandeliks 1 000 liter kompostee en 1 liter van BacTech se Bactolife per hektaar deur die besproeiin­g toegedien. Die Bactolife bestaan uit ’n verskeiden­heid Bacillus-bakterieë wat groei en wortelontw­ikkeling aanhelp. Die bome het stelselmat­ig begin herstel en vandag, drie jaar later, is daar geen teken meer dat dié boord byna gevrek het nie.

Twee jaar gelede het Cordré die plaas Tiervlakte naby Touwsrivie­r gekoop en daar was reeds ’n uitvoerkon­trak gereed vir pampoene. Die gemiddelde opbrengs op die plaas was 30 ton per hektaar, maar Cordré was vasbeslote dat dit hoër kan wees as hy die hoë sout-inhoud van die grond kon regstel.

Die pampoene word onder plastiekgr­ondbedekki­ng gevestig en bemesting word deur besproeiin­g met druppers – ook onder die plastiek – toegedien. Die somerpampo­ene van 2015 was die eerste oes wat Cordré op die plaas geplant het en hy het besluit om biologiese produkte te gebruik om die brakgrond te herstel. Voor planttyd is 300 ml van BacTech se NoSo+ per hektaar toegedien, weer in die tweeblaars­tadium en weer net voor blomtyd. Cordré het sy normale bemestings­program gevolg en toe hy klaar geoes is teen Maart 2016, het hy meer as 59 ton pampoene per hektaar geoes.

Dié behandelin­g het so goed gewerk dat die uieplantji­es wat die volgende somer op dieselfde land gevestig is, beduidend voordeel daaruit getrek het. Hulle het baie beter presteer as die uieplantji­es wat op grond geplant was wat nie met die biologiese middels behandel is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa