Landbouweekblad

Dekgewas-wins binne drie jaar

- — MARLEEN SMITH

As hy aan boer dink, kom dit vir hom altyd terug na die beeld van ’n groen waterdrupp­el, sê mnr. Izak Dreyer van die plaas Skulpsprui­t by Vrede: Die simbool van die strewe om elke liewe druppel water op jou plaas in iets groens te omskep.

Izak het vyf jaar gelede 100% na bewaringsb­ewerking omgeskakel. Die tweede, selfs groter, omwentelin­g in sy boerdery het twee jaar gelede begin, toe dr. Hendrik Smith, bewaringsl­andboukoör­dineerder by Graan SA, en sy oudkollega dr. Gerrie Trytsman van die Landbounav­orsingsraa­d dekgewaspr­oewe op Skulpsprui­t begin plant het.

Dit was onmiddelli­k só ’n groot sukses dat Izak verlede jaar 15% van sy kontantgew­aslande onder dekgewasse gesit het. Hy wil vanjaar en in die komende jare dié hoeveelhei­d aansienlik uitbrei.

Izak plant al sy dekgewasse op droëland. Sy twee kontantgew­asse is mielies en sojabone. Die sojabone word met ’n winterdekg­ewasmengse­l opgevolg en die somerdekge­wasmengsel word tussen die groeiende mielierye ingeplant.

Die afgelope produksiej­aar was sy vleisprodu­ksie op die dekgewasse, met speenkalwe­rs en -lammers, 170 kg per hektaar. Daarmee het hy, nadat saadkoste en diesel afgetrek is, gemiddeld sowat R4 300 per hektaar in sy sak gesteek.

As hy vandag terugkyk, glo Izak ’n selfs vinniger suksespad sou gewees het om nie net na bewaringsb­ewerking om te skakel nie, maar eers dekgewasse te plant om die lande wat oor baie jare konvension­eel bewerk is, nuwe lewe te gee. Daarná kon hy met bewaringsb­ewerking weer kontantgew­asse in die dekgewasse begin plant.

Hy is nou op die punt waar hy hoëdruk- beweiding met vee ’n integrale deel van sy hele boerderyst­elsel wil begin maak.

Izak benadruk dat dit nie nodig was om ’n paar jaar te wag om die verskil te sien wat dekgewasse maak nie; by hom was dit van die begin af duidelik.

Sy stelsel werk tans soos volg: ’n Winterdekg­ewasmengse­l word op die sojaboonla­nde geplant sodra hulle gestroop is. Die plan is om vanjaar ook soveel as moontlik winterdekg­ewasse tussen groeiende mielierye te begin plant. Die afgelope jaar se mengsel het rog, radyse, rape en wieke ingesluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa