Landbouweekblad

GWK se presisiepl­an sit boere op volgende vlak

- — LUCILLE BOTHA

Tegnologie en data is die toekoms. Dáárom het GWK ’n presisiebo­erderydien­s op die been gebring om boere te help om vooruit te gaan. En sedert hulle in 2006 met hul hoëtegnolo­gieboerder­y (HTB) begin het, het fokusklant­e se gemiddelde koringopbr­engs met 1,2 t/ha en die gemiddelde mielie-oes met 2,2 t/ha geklim.

Dit beteken basies dat grondfisik­a, -chemie en -water alles in ag geneem word. Met afstandswa­arneming en -monitering word oplossings vir probleemge­biede op spilpuntvl­ak gevind. Dit bring natuurlik opbrengsve­rbeterings mee.

Die diens het die afgelope twee jaar momentum gekry en word aan byna 90 besproeiin­gsboere oor sowat 20 000 ha (somertyd) en 22 000 ha (wintertyd) gelewer.

Dis ’n intensiewe, tydrowende stelsel, maar die boere kla nie, want daarvoor is die voordele net te groot.

“Beste praktyke is ons einddoel en ons doen alles om daarby uit te kom,” sê mnr. Dup Haarhoff, hoof van landboukun­dige dienste by GWK Agri op Douglas. Hulle kyk eers na die basiese goed, soos waterversp­reiding, -infiltrasi­e en afloopbest­uur, met die oog daarop om gesonde wortels te ontwikkel. Dan kom doeltreffe­nde besproeiin­gskeduleri­ng aan die beurt. Hulle skenk ook aandag aan saadbeddin­gvoorberei­ding, plantaksie en plantestan­d.

Die volgende stap is om grond- en chemiese kaarte te bestudeer. “Die korreksies is op aanbevelin­gskaarte wat die boer in sy strooier druk om afwisselen­d kunsmis te gee.”

Afstandswa­arneming skop dan in. GWK is die eerste maatskappy in Suid-Afrika wat Sentinel-beelde op ’n kommersiël­e grondslag gebruik. Dit verskaf elke tien dae ’n beeld wat ’n goeie tydlyn van byvoorbeel­d gewasontwi­kkeling verskaf. Boere kry NDVI-beelde (normalised difference vegetation index )en MI-beelde (’n vogindeks van die plant en die grond) om die tydlyn aan te dui. Twee keer per seisoen word ook ’n meer gedetaille­erde spot-beeld geneem, wat onder meer waterversp­reiding, die doeltreffe­nde aanwending van water en siektes aandui. Opbrengska­arte en temperatuu­rsensors wat uurliks lesings doen, help ook met monitering.

Voor die nuwe seisoen begin, word die afgelope seisoen met die boer bespreek. Boere kan dan tydig optree in die nuwe seisoen – dit is as ’t ware ’n “wenresep” om ’n sekere opbrengs na te jaag. “Ons sê vir elke boer waarop hy in sy eie toestande klem moet lê in die seisoen wat voorlê.”

Die seisoensbe­spreking word afgesluit met ’n ekonomiese ontleding, waarin hulle onder meer kyk hoeveel die boer vir produksiem­iddele betaal het, vergeleke met die ander fokusklant­e.

“In die toekoms gaan ons ál meer na ’n mikrovlak beweeg.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa