Landbouweekblad

Só ‘kul’ Zuma SA

- — LUCILLE BOTHA

Me. Magda Wierzycka, die vuurvreter-batebestuu­rder en uitvoerend­e hoof van Sygnia, was vanjaar een van die eerste sakeleiers om beswaar te maak teen die grootskaal­se korrupsie en misbruik deur pres. Jacob Zuma en sy (Gupta-) trawante, wat die Regering as gyselaar hou. Sy’t ook ander sakeleiers ingevlieg omdat hulle swyg oor die hele saak.

As tiener moes dié Poolse vrou saam met haar ouers uit kommunisti­ese Pole vlug en ’n nuwe lewe in Suid-Afrika begin. Sy wil nooit weer so iets beleef nie, dus is sy vasbeslote om deel van die oplossing in Suid-Afrika te wees.

Buitelands­e beleggers word afgeskrik deur stories oor witmonopol­ie-kapitaal, nasionalis­ering en onteiening, maar plaaslike beleggers, moet ’n langtermyn-siening hê en besef hulle het ’n lewe om hiér te bou.

Sy druk “gewone mense” op die hart om eenheid te wys – veral weens die feit dat ’n leierskaps­vakuum in Suid-Afrika ontstaan het.

Gewone mense moenie die ANC se strategie om die aandag van die werklike probleme af te lei met praatjies oor ras, grondhervo­rming en dies meer sommer net glo nie. “Dink aan Zuma as ’n towenaar. Hy’t oëverblind­ery nodig om mense se aandag af te lei van wat werklik gebeur, en dis dat staatsbehe­erde ondernemin­gs rot en kaal besteel word.”

Oor die sakesektor, wat sy meen baie slaankrag het, het sy behoorlik mond uitgespoel. Die tyd vir praat met die President is verby. “Dis soos huweliksbe­rading; jy praat en praat. Dis nou tyd om iets te doen.”

Sy is ook uitgesprok­e oor die tekortkomi­nge in Suid-Afrika se opvoedings­telsel en wil nie haar kinders hier laat oplei nie. “Hulle moet opgevoed word in ’n wêreld waar daar nie ’n rasnarrati­ef is nie, maar ’n narratief oor opvoeding en om by die beste te leer.”

Sy glo opvoeding is die beste manier om herverdeli­ng te laat plaasvind – en moderne tegnologie moet benut word. “Ons moet gratis opvoeding bied. Stel jou voor: ’n Vraghouer in elke township met reuseklask­amers met lessenaars en goedkoop plastieksk­ootrekenaa­rs en internetve­rbindings. Jy bied virtuele lesse aan. Dis onnodig om onderwyser­s in diens te neem; jy het net klaskamer-monitors nodig om dissipline af te dwing. Danksy tegnologie kan ’n onderwyser die klas van enige plek ter wêreld onderrig.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa