Landbouweekblad

UITKEERPLA­N VIR MAKLIKE SKAAPWERK

- — THEUNS BOTHA

Jy moenie vir mnr. Japs Jordaan van die plaas Grootkom naby Cradock sê iets is “onmoontlik” nie. Dié uitdaging het hom aangevuur om ’n drukgang te bou waarin skape in vyf krale uitgekeer kan word. Met drie werkers kan tot 500 skape binne ’n uur gedoseer, gedip en ingeënt word.

Dit het hom drie weke gekos om twee bestaande skaapkrale in ’n doelmatige skaaphante­ringsgerie­f te omskep.

Om die vloei van die skape in die drukgang te beheer, het Japs eenrigting­swaaideure geprakseer wat aan outydse kroegdeure herinner. Die deurtjies keer dat die skape agteruitbe­weeg wanneer hulle eers in die drukgang is.

Pleks van ’n veer het hy ’n ou motorband in stukke gesny om as skarniere te dien.

Danksy die vindingryk­e glybaan gemaak van staalpadre­lings – sy werkers noem dit ’n taxi – word lammers in een aksie gedoseer, gedip, ingeënt, vir bosluise ondersoek en hul sterte afgesny.

Een werker vang ’n lam in die klein kraaltjie en plaas hom op sy rug op die boonste deel van die glybaan. Aan die onderkant is twee skoenlappe­rvlerke wat keer dat die lammers uitval en verseker dat die lammers maklik tot binne-in die hangskaal gly. Aan weerskante van die glybaan is staalhake wat om die voor- en agterbene van die lammers pas om hulle in posisie te hou. Drie tot vyf lammers kan op ’n slag behandel word.

Nadat die skape klaar bewerk is, kan die diere in vyf rigtings gestuur word. Aan die bokant van die drukgang het Japs ’n revolusion­êre uitkeerhek ontwerp. Die meganisme bestaan uit drie hekke wat onderskeid­elik met ’n voetpedaal, ’n hefboom en ’n kabel verskuif word om die skape in die verlangde groepe te sorteer. Die proses verg ’n groot mate van konsentras­ie en ’n operateur met goeie motoriese aanleg.

As die operateur deurmekaar raak wanneer die skape te vinnig kom, trap hy op ’n rem wat al die hekke sluit. Tot 1 000 ooie kan binne 30 minute in vyf troppe geklas word. Dit beteken elke skaap kan in minder as twee sekondes uitgekeer word. 073 489 4630, 048 881 3183, Jlz224jord­aan@gmail.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa