Landbouweekblad

U-VORMIGE KRAAL VIR VINNIGE SKAAPWERK

- —JOHANNORVA­L

Die grootste deel van die U-vormige skaapkraal van mnr. Jan-Philip Botha van die Oranjerivi­erboerdery by Prieska – wat uit ’n gang, drukgang en verskeie sorteerkam­pe bestaan – is uit skroot geprakseer. Die helfte minder werkers is nou nodig vir skaapwerk in dié stelsel met sy bykans 30 hekke.

Die skape kom uit twee rigtings in die hanterings­kraal, waarna hulle kloksgewys in die sinkplaatb­edekte gange beweeg: Van die voerkraal af beweeg die skape deur hekke deur die hanterings­punt. Skape wat by ander telers gekoop is, word van die regterkant­ste onderpunt van die kraal van die laaibank langs ingevoer.

Die sinkplaat langs die drukgange keer dat die skape die omgewing kan sien. “Die skape kan nie deurkyk na ander krale nie en bly saam met die stroom diere voortbewee­g,” sê Jan-Philip. “As die voorste diere beweeg, trek almal agterna.” Sowat 100 tot 120 skape word op ’n slag gehanteer.

Die gang wat rondom die kraal aangebring is, laat die hanteerder­s diere by enige van die binneste krale injaag. Die 120 stuks pas gemaklik in enige van die ontvangkra­le van sowat9mx9m.

Die hoofdoel is om die skape deur die U-vormige gang, wat met sinkplaat bedek is, deur ’n drukgang met die skaal te laat beweeg. Die U-vormige gang verbeter die natuurlike vloei van die diere.

In die middel van die U-vormige boog is ’n eenvoudige oplighek wat die vloei van die skape aanhelp wanneer dit agter ’n groep laat sak word. ’n Elektronie­se leser by die skaal registreer die data van die individuel­e diere vir verwerking op ’n rekenaar. ’n Smaller drukgang van 20 cm keer dat die lammers kan omdraai. Weerskante is breër drukgange van sowat 58 cm wyd, waarin ooigroepe onder meer gedoseer word.

Die verwerkte skape kan na die voerkraal teruggelei word, of as hulle bemark word, na die laaibank aan die onderkant van die struktuur. co.za; 053 353 1979; jpbotha@orv. 082 327 6307.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa