Landbouweekblad

Landbou se bestes vereer

Ondanks opoffering­s, terugslae en struikelbl­okke het die landboubed­ryf vanjaar uitsonderl­ike prestasies opgelewer. gee op dié fokusblaai­e erkenning aan van dié wenners.

-

Van die beste boere en landboukun­diges in Suid-Afrika is verlede maand deur lede van Landbouskr­ywers SA op ’n prysuitdel­ing in Bloemfonte­in vereer. Dié organisasi­e se Noord-, Sentraal- en Wes-Kaap-streek het hul wenners op 20 Oktober aangekondi­g. Die nasionale wenners is op 10 November in Bloemfonte­in aangekondi­g.

BOER VAN DIE JAAR

Mnr. Charles Back, eienaar van die landgoed Fairview buite die Paarl, is Landbouskr­ywers SA se Boer van die Jaar vir 2017. Hy het Fairview van ’n familiepla­as ontwikkel in ’n internasio­naal bekende landgoed wat wyn en kaas van wêreldgeha­lte lewer.

Hy word allerweë as ’n pionier in Suid-Afrika se wynbedryf beskou. Onder sy leiding was die Fairview-span die eerste wat wynkultiva­rs, soos Viognier, Tempranill­o, Tannat, Sangiovese en Petite Sirah, ingevoer het. Hy het ook die eerste bokmelkfab­riek in Suid-Afrika opgerig. Dit word deesdae as ’n koolstofne­utrale instelling bedryf.

NUWE TOETREDER

Mnr. Warren Bam van Tulbagh verbou organiese uitvoertaf­eldruiwe en is aangewys as die Nuwe Toetreder van die Jaar tot die Kommersiël­e Landbou.

Warren, ’n boorling van Saron, het 13 jaar gelede saam met mnr. Breda van Niekerk begin boer. Sy pa, Herman, het 32 jaar lank vir Van Niekerk se pa, Dr. Annemie Erasmus van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Graangewas­se op Potchefstr­oom is die Landboukun­dige van die Jaar. Sy is veral bekend om haar navorsing oor die mieliestam­boorder en die benutting van Bt-tegnologie as deel van ’n geïntegree­rde plaagbestr­ydingstels­el.

Sy tree gereeld op boeredae as spreker op waar sy praat oor die gratis ekodienste wat ’n diverse en gebalansee­rde insektegem­eenskap in ’n bewaringsb­oerderyste­lsel kan lewer.

Sy bestudeer al jare lank die ontwikkeli­ng van weerstandi­gheid teen Bt-tegnologie en die uitwerking van GM mielies op die omgewing. Deesdae spits sy Landbouwee­kblad haar ook toe op die bestryding van die nuwe indringerp­laag, die herfskomma­ndowurm.

SPESIALE ERKENNING

Mnr. Theo Vorster en Senwes het vanjaar spesiale erkenning gekry vir ’n besonderse bydrae ten opsigte van kommunikas­ie en gesprekvoe­ring oor die landboubed­ryf, spesifiek vir Nasie in Gesprek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa