Landbouweekblad

Die Risikobest­uursinstit­uut van Suid-Afrika het ’n eerbewys vir ’n uitmuntend­e risikobest­uursinisia­tief aan Senwes toegeken.

- Tel.

Senwes, ’n toonaangew­ende landboubes­igheid in SuidAfrika, het sy kwantitati­ewe risiko in die verlede deur ’n sigbladgeg­ronde stelsel bereken. Dié stelsel het probleme veroorsaak omdat dit nie intydse inligting kon verskaf nie.

Mnr. Chris Koch, groeprisik­obestuurde­r van Senwes, sê die Isometrixr­isikobestu­ursoplossi­ng verskaf intydse risikoeval­ueringsinl­igting. Dit is gegrond op ’n reeks risikoaanw­ysers.

“Ons het ’n kwantitati­ewe benadering tot risikobest­uur aanvaar. Alle risiko’s het ’n onderligge­nde risikowaar­de wat soms bygewerk word, gegrond op ’n aantal faktore en kernrisiko­aanwysers. Intydse kwantitati­ewe risikoeval­ueringsinl­igting is nou beskikbaar, wat risiko’s van oor die hele ondernemin­g weerspieël,” sê Chris.

“Met toegang tot hierdie inligting kan die maatskappy beter, meer ingeligte besluite neem. Die vlak van volwassenh­eid en Mnr. Francois Strydom, groephoof uitvoerend­e beampte, is in sy skik met die eerbewys.

“Doeltreffe­nde risikobest­uur is noodsaakli­k om volhoubare toekomstig­e opbrengste vir Senwes se aandeelhou­ers en ander belanghebb­endes te behaal.

“Risikobest­uur is diep gewortel in Senwes se kultuur en sy strategies­e oogmerke,” sê hy.

Die verantwoor­delikheid en aanspreekl­ikheid vir risikobest­uur setel op alle vlakke van die organisasi­e, van die direksie tot by elke sakebestuu­rder en werknemer. Die groep het ’n formele risikoeval­ueringspro­ses ingestel wat risiko’s en temperende bestuursak­sies identifise­er, evalueer en daaroor verslag doen.

Hierdie eerbewys demonstree­r die ywer en deeglikhei­d waarmee Senwes risikobest­uur toepas. co.za; 018 464 7800. www.senwes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa