Landbouweekblad

Kerskransb­rood

-

Lewer 18 tertjies. Met hierdie veelsydige brooddeeg maak jy die lekkerste, sagte, ryk broodrolle­tjies of vlegselbro­od. Jy kan enigiets byvoeg waarvan jy hou – gekapte olywe, kruie, speserye, neute of sade.

625 ml witbroodme­el 1 pakkie (10 g) kitsgis 7 ml sout 2 ml koeksoda 60 ml warm water 60 ml gesmelte botter 1 houer (250 g) gladde volvet-maaskaas 1 ekstragroo­t eier Paar jong roosmarynt­akkies

Meng die meel, gis, sout en koeksoda in ’n mengbak. Klits die warm water, gesmelte botter en maaskaas saam met een eier en voeg dit by die droë bestanddel­e. Meng tot ’n sagte, klam deeg. Knie vir 10 minute op ’n meelbestro­oide oppervlak tot glad en elasties. Sit in ’n groot, skoon bak wat met olie gesmeer is en bedek losweg met ’n teedoek of plastiek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume. Knie af en verdeel in drie ewe groot dele.

Rol elke deel tussen jou hande om drie lang, dunnerige “toue” deeg te maak. Vleg die drie stukke deeg en vorm die deegvlegse­l in ’n krans. Sit die krans op ’n bakplaat en laat rys vir nog 30 minute, terwyl jy die oond voorverhit tot 200 °C.

Druk ’n paar stukkies roosmaryn in die broodvlegs­el en bak die brood vir ongeveer 20 minute, tot goudbruin en deurgaar. Sit louwarm voor met plaasbotte­r. Lewer 8 porsies.

250 ml vars broodkrumm­els 1 knoffelhui­sie, fyn gerasper 30 ml olyfolie 80 ml dennepitte 80 ml pimperneut­e, grof gekap 10 ml fyngekapte, vars salie of tiemie Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 160 °C. Steek gaatjies oral oor die boud met ’n skerp dunlemmes. Sny elke knoffelhui­sie middeldeur (of selfs kleiner) en steek ’n stukkie knoffel in elke gat. Smeer die skaapboud goed met olyfolie, besprinkel ruimskoots met worcesters­ous, seesout en swartpeper. Sit die boud in ’n baksakkie saam met ’n paar takkies vars roosmaryn en bind deeglik toe. Gebruik ’n sosatiesto­kkie om ’n paar gaatjies aan die bokant van die baksakkie te maak sodat die stoom kan ontsnap. (Die gaatjies moenie so groot of laag wees dat vloeistof kan uitlek nie.) Bak vir 2½-3 uur tot die vleis effens meegee en sag voel wanneer jy met jou vinger op die dikste deel van die boud druk.

Haal die boud uit die oond en laat staan vir minstens 20 minute in die baksakkie. Haal die boud uit die sakkie en sit dit op ’n bakplaat of opdienbord. Giet die pansouse af in ’n kastrol en hou eenkant. Verhoog die oondtemper­atuur tot 190 °C.

Meng die bestanddel­e vir die bolaag saam en skep dit oor die boud. Druk dit liggies op die vleis vas met jou vingers.Oondrooste­r die vleis sonder ’n deksel vir ongeveer 20-30 minute, tot die krummellaa­g goudbruin en lekker bros is. Haal die vleis uit die oond en laat dit vir ’n paar minute rus. Maak ’n vleissous van die pansouse, ’n bietjie soetwyn en room en sit dit voor saam met die vleis. Lewer 8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa