Landbouweekblad

SA LEI MET KLIMAATSNA­VORSING, MAAR SUKKEL MET TOEPASSING

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

WANNEER dit by navorsing oor klimaatsve­randering kom, is Suid-Afrika een van die wêreldleie­rs. Só het prof. Bob Scholes, ereprofess­or in ekologiest­elsels aan die Universite­it van die Witwatersr­and, op die nasionale wetenskap-en-tegnologie­forum se debat oor klimaatsve­randering gesê. Dit is by Emperor’s Palace in Boksburg gehou.

“Suid-Afrika hou elke twee jaar ’n byeenkoms om te bepaal of ons nog op koers is met navorsing. Wat navorsing oor klimaatsve­randering betref, blaf ons saam met die groot honde. Trouens, Suid-Afrika lewer sowat ’n derde van die wêreld se navorsing oor klimaatsve­randering.

“Wat egter kommerwekk­end is, is dat die land verder stroomaf baie minder aktief is.

“Dit beteken eenvoudig dat ons wél die struikelbl­okke kan identifise­er en planne kan beraam om hierdie uitdagings die hoof te bied.

“As dit egter by die daadwerkli­ke implemente­ring van hierdie planne kom, is ons nog ver agter die res van die wêreld,” het Scholes gesê.

Een manier waarop die situasie verander kan word, is om beleid te verander, het hy gesê.

“Daar is ’n wanopvatti­ng dat slegs regerings beleid skep. Dit is egter onwaar. Beleid word elke dag deur die private sektor ook geskep – vanaf individuel­e besluite tot besluite op sakevlak.

“Dit sal ons as wetenskapl­ikes se verantwoor­delikheid word om hierdie beleid te probeer beïnvloed. Ons sal dit moet doen sonder om die integritei­t van ons navorsing in die gedrang te bring,” het Scholes gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa