Landbouweekblad

DRIEKUNS VIR WYNMAKER

- — LUCILLE BOTHA

ABRIE Beeslaar, wynmaker by die Stellenbos­se landgoed Kanonkop, is die derde keer as die wêreld se beste wynmaker aangewys.

“Die Amerikaner­s noem dit ‘grit’. Jy moet jare lank iets insit voor jy iets uitkry,” het Beeslaar telefonies uit Londen aan Landbouwee­kblad gesê. Dit is waar hy as wenner van die Internasio­nale Wyn- en Spirituali­eë-kompetisie (IWSK) se wynmaker van die jaar aangewys is. Hy het dit ook in 2008 en 2015 reggekry.

Kanonkop het boonop weggestap met ’n eerbewys as die SuidAfrika­anse wynproduse­nt van die jaar, die Pinotage-trofee vir die Black Label Pinotage 2013 en verskeie goue medaljes vir onder meer Cabernet Sauvignon. Meer as 5 500 produkte uit 50 lande is vir die kompetisie ingeskryf.

BATE VIR BEDRYF

Die eerbewys gaan nie net oor hom of net oor Kanonkop nie. Dit is ’n pluimpie vir die hele SuidAfrika­anse wynbedryf, sê Beeslaar.

“Dit is mos wonderlik as SuidAfrika goed lyk. Dis great as ons op ’n klein manier kan help om opvattings te verander oor SuidAfrika en die gehalte van ons land se wyne. Dis belangrik, veral as ons ons pryspunte in die buiteland wil hoër maak.

“Die eerbewys dui op Suid-Afrika se potensiaal om as een van die wêreld se voorste wynlande gereken te word,” sê hy.

“Ten spyte van ons druiwe se gehalte

en die feit dat ons bedryf se geskiedeni­s terugstrek tot in 1659, sukkel Suid-Afrika steeds om op die internasio­nale mark ’n beeld van topgehalte te handhaaf. Eerbewyse soos hierdie is baie betekenisv­ol. Dit wys aan die wêreld dat Suid-Afrika se wyne wat gehalte en identiteit betref, nie net met die beste uit Frankryk, Italië, Australië en Amerika kan meeding nie, maar dit selfs kan troef.”

Voor hy by Kanonkop aangesluit het, het Beeslaar vyf jaar lank by ’n koöperatie­we kelder in die Swartland gewerk.

“Toe ek jonger was, het ek gedink dit sal lekker wees om eerbewyse te wen, maar toe ek destyds by Kanonkop begin werk het, het Johan Krige (eienaar) vir my gesê ek hoef niks wynkompeti­sies te wen nie. Dit het my eintlik gehelp, want ek kon net konsentree­r op wat die plaas se beste gehalte is.”

Hy meen die druiwe moet die praatwerk doen. “Eintlik moet dit die meeste van die werk self doen. ’n Wynmaker moet daarna streef om sy terroir te wys pleks van sy eie vingerafdr­uk.”

 ?? FOTO:VERSKAF ?? Abrie Beeslaar
FOTO:VERSKAF Abrie Beeslaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa