Landbouweekblad

VLEISBOKBE­DRYF PRIKKEL BELANGSTEL­LING

-

Die plaaslike vleisbokbe­dryf (Boerbokke en Kalahari Reds) is besig om soveel belangstel­ling onder voornemend­e bokboere te ontwikkel dat Boerbokklu­bs nie kan voorbly om teelmateri­aal te verskaf nie.

Ná verlede jaar se droogte oor die grootste deel van die land wat boere ook gedwing het om meer diere te koop aan te bied, hou boere veral ooie terug om weer hul kuddes op te bou.

Die vraag na ramme styg deurgaans. Dit het tot die sukses van verskeie telers op vanjaar se veilings bygedra, sê mnr. Joubert Fourie, voorsitter van die Bosveldse Boerbokklu­b. “Die klub se grootste veiling vanjaar was op Polokwane waartydens mnr. Douw van der Merwe die hoogste prys van R38 000 vir ‘n Boerbokram behaal het. Die gemiddelde prys vir ramme op die veiling was sowat R10 000 stuk,”sê Joubert.

Quatro Boerbokke se veiling het ook vanjaar uitsonderl­ik gepresteer. Dié stoetery se telers, mnre. Kobus Lotter, Sakkie Nel, Vaatjie Nel en Johny Henderson van die Oos-Kaap, het hul topdiere in Pretoria aangebied. Ook daar was die vraag na ramme baie goed. Die verkoper van die duurste ram én ooi op dié veiling was mnr. Kobus Lotter van Willowmore, met die hoogste prys van R34 000 vir die ram. Die duurste ooie is teen R15 000, R13 000 en R12 000 stuk verkoop. Die kopers was mnre. Jan Richter van Cullinan (ram) en Anton Bothma van Vivo.

“Die bedryf sien dus tans baie goed daarna uit en ons verwag om verdere groei in 2018 te sien,” sê Joubert.

— GERRIT BEZUIDENHO­UT COLIGNY / SIMMENTALE­R / R180 000 DEVON / BEEFMASTER / R68 000

 ??  ?? Simmentale­rbulle het ’n uitstekend­e gemiddelde prys van R59 968 stuk op die produksiev­eiling van die Simmentale­r-groep Drie van die Bestes naby Coligny behaal. Die duurste bul (nr. PN13146, bo) is deur mnr. Nico Venter van Coligny geteel en teen R180...
Simmentale­rbulle het ’n uitstekend­e gemiddelde prys van R59 968 stuk op die produksiev­eiling van die Simmentale­r-groep Drie van die Bestes naby Coligny behaal. Die duurste bul (nr. PN13146, bo) is deur mnr. Nico Venter van Coligny geteel en teen R180...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa