Landbouweekblad

SWART BOERE MET EIE KOEIE GEHELP

-

Famous Brands Cheese Company en Coega Dairy gaan swart melkboere help om meer as 300 koeie te koop. Die boere is op vyf plase wat deur swart gemeenskap­pe besit word. Die plase word deur Amandlelo Agri, ’n swartbemag­tingsorder­neming, bestuur. Hier is van die kommentaar wat op LBW se Facebook-blad geplaas is. ANDREW BURGER skryf: Dink net hoe ’n groot suksesstor­ie sal dit wees as hulle dit self koop en self ’n sukses kan maak, soos al die ander boere in Suid-Afrika. JOHAN SLOET DE VILLIERS skryf: Hulle het nie ’n plaas geërf, soos jy, nie. Of soos jy gaan erf nie. Gun ander mense ook kanse. Jou voorouers het kanse onder apartheid gehad wat dié mense se voorouers en hulself nie gehad het nie. ANDREW BURGER antwoord: Johan Sloet de Villiers, my oupa het graaf geswaai om trokke te laai en my pa het sy eie plaas gekoop. Ek is van Generasie X en het niks voordele uit apartheid ontvang nie. Ek verstaan jy wil nou liberaal en heel slim voorkom, maar dink asb. ’n slag. PIETER OOSTHUIZEN skryf: Derduisend­e mense het nie ’n plaas geërf nie of gaan ook nie ’n plaas erf nie, al stel hulle daarin belang. ANDRÉ TERRE’BLANCHE skryf: Johan Sloet de Villiers, die mense is nou al meer as 20 jaar lank sonder apartheid. WOUDA WESSELS skryf: Wat gaan met melkkoeie gebeur? Ek hoop regtig daar is ordentlike beheer en iemand wat weet hoe ’n melkery werk. Hulle sal gehelp moet word, anders is die projek oor ’n jaar tot niet, soos by Vrede. CHRISTELLE THERON antwoord: Ek stem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa