Landbouweekblad

WYNBEDRYF EER SY KOSBARE WERKERS

- — JACOLETTE KLOPPERS

WERKERS in die wynbedryf het op 1 Februarie gesamentli­k die gesogte 1659-erepenning ontvang op die jaarlikse Wynoesherd­enkingsgel­eentheid by die Groot Constantia-landgoed naby Kaapstad. Dié eerbewys word sedert 1974 oorhandig aan mense of instansies wat ’n wesenlike en opbouende rol in die wynbedryf speel, ’n besonderse nalatenska­p toon en denke verander. Die Groot Constantia-trust, wat die wenner aanwys, het eenparig besluit om hulde te bring aan wynwerkers en hul nageslagte wat ’n betekenisv­olle bydrae tot die Suid-Afrikaanse wynbedryf gelewer het, het dr. Ernest Messina, voorsitter van die trust, gesê.

“Op ’n simboliese manier bring ons graag hulde aan die stemlose en dikwels gesiglose werkers in die wynbedryf. Sonder hulle sou dié bedryf nooit gefloreer het nie.

“Hierdie individue en groepe sluit in slawe, Khoikhoi, swart mense, Khoisan en ander werkers wat deur hul onvermoeid­e werk hulself aan die bedryf gewy het. Oor die eeue het mans, vroue en kinders hul lewens opgeoffer om die bedryf te help bou. Daarom is die eerbewys simbolies. Dit erken dié mense se bydrae.”

‘VERSNIT NOU BETER’

Messina het in sy toespraak gesê ’n “ontdekking­sreis deur die wynbedryf se verlede bring nuwe insigte na vore, wat lei tot veranderin­g en hoop op ’n beter môre”. Volgens hom is groter waardering en eerbied vir almal se bydraes nou bevestig. “Om dit in wyntaal te beskryf – die versnit is nou meer volledig en dus beter. Sodoende laat ons reg geskied.”

Mnr. Johan Ehlers, uitvoerend­e hoof van Agri-Expo (voorheen die Kaap die Goeie Hoop Landbougen­ootskap), het gesê dit is vir dié organisasi­e ’n groot voorreg om 186 jaar later steeds betrokke te wees as vennoot en organiseer­der van die Wynoesherd­enkingsgel­eentheid.

“Elke landbousek­tor se fondamente is deur die eeue heen gebou met behulp van individue op elke

SAMEWERKIN­G GELOOF

vlak. Die wynbedryf het nou die voortou geneem deur erkenning te gee aan die onbesonge bydraers in die bedryf,” het Ehlers gesê.

Vanjaar se erepenning sal onder verskillen­de wynplase roteer waarna dit by Groot Constantia uitgestal sal word. Groot Constantia is die oudste wynproduse­rende landgoed in Suid-Afrika en 1659 is die jaar waarin die eerste wyn aan die Kaap gemaak is.

 ??  ?? Mnr. Johan Ehlers en dr. Ernest Messina
Mnr. Johan Ehlers en dr. Ernest Messina
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa