Landbouweekblad

KOM AGTER WATTER MIKROBES WERK IN JOU GROND

- AANTAL GENE/GRAM GROND

Watter mikrobes word in jou grond gehuisves? Hoeveel is daar en werk hulle vir jou?

Dít is van die vrae wat Sporatec, ’n vernuwende projek by die Universite­it Stellenbos­ch wat deur INNOVUS ondersteun word, kan help beantwoord.

Sporatec lê klem op funksionel­e organismes in die grond. Die ondernemin­g het ontstaan uit tegnieke wat prof. Karin Jacobs en haar studente in haar mikrobiese ekologieen mikologiel­aboratoriu­m ontwikkel het.

Funksionel­e organismes is belangrik omdat ’n hoë grondgeson­dheid gewoonlik gevind word waar ’n groot verskeiden­heid grondfauna en mikrobes teenwoordi­g is, terwyl grondgehal­te die grond se vermoë is om sekere funksies uit te voer.

Mikrobes, Bacillus -en Rhizobium-bakterieë en verskeie mikorisa-swamme speel ’n belangrike rol in voedingsto­fkringlope, soos die koolstof-, stikstof- en fosforsikl­usse.

Sekere mikrobes in die grond kan plante op ’n natuurlike manier van stikstof voorsien deur die prosesse van stikstofbi­nding en die produksie van urease en ammoniak.

Ander mikrobes produseer fosfatase, wat help om die beskikbaar­heid van fosfaat vir plante te verhoog.

Sporatec kan die verskeiden­heid en hoeveelhei­d mikrobes meet en boere inlig oor hul grond se vermoë om voedingsto­wwe aan gewasse te verskaf sonder ekstra misstof.

Sporatec kan DNS aan die grond onttrek. Dit word dan ontleed om vas te stel of spesifieke mikro-organismes, soos stikstofbi­nders of fosfatase-produseerd­ers (wat betrokke is by die koolstof-, stikstof- en fosforkrin­glope), in die grond teenwoordi­g is. Die ontledings kan die getal en verskeiden­heid organismes in ’n monster vasstel en sodoende ’n diversitei­tsprofiel vir die monster opstel.

GENEGETAL IN ROOIBOSGRO­ND

Die laboratori­um kan die funksionel­e diversitei­t en vermoë van grond bepaal deur die mikro-organismes daarin te identifise­er. Sporatec kan ook nuwe grondmonst­ers met oues vergelyk om te kyk of mikrobiese diversitei­t en funksional­iteit verander het as gevolg van veranderin­gs in grondbestu­urspraktyk­e.

Dit kan nuttige inligting wees vir enige boer wat minder kunsmis wil toedien, maar nie weet of sy grond reeds genoeg van die regte mikro-organismes huisves om die voedingsto­wwe aan plante beskikbaar te stel nie.

Die tegniek wat Sporatec gebruik, kan vir bakterie- en swammonste­rs gebruik word. Dit is besonder gevoelig en vinnig. Dit word toegepas op molekulêre vlak en kan daarom organismes waarvan kulture ontwikkel kan word en dié waarvan nie kulture ontwikkel kan word nie, identifise­er.

Jacobs en haar studente doen ook ’n plaatontle­ding (plate assay) om vas te stel of die mikrobes ensieme kan produseer wat belangrike plantvoedi­ngstowwe meer oplosbaar kan maak.

Boere wat hul grond deur Sporatec wil laat ontleed, kan monsters neem en daarheen stuur. Skep grond op ’n diepte van 10 cm en plaas 200 g daarvan in ’n steriele sak en verseël die sak. As monsters van meer as een kamp geneem word, plaas 50 g grond van vier verskillen­de plekke in verskillen­de sakke. Herhaal vir elke kamp.

Monsters moet binne 48 uur nadat dit

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa