Landbouweekblad

WATERSKAAR­STE LANKAL VOORSPEL

- Durbanvill­e

’n Berig deur Alani Janeke in

Landbouwee­kblad van24Junie 2011 (“Waterskaar­ste is Kaap se voorland”) wat op sosiale media versprei word, het betrekking. Soos gewoonlik was Landbouwee­kblad in die kol.

Dit is jammer dat die politici nou alles opmors pleks daarvan om saam ’n oplossing te vind. Ongelukkig lê alle planne en voorstelle van voor 1994 en stof opgaar.

In 1974 of 1975 sit ek eendag in die Parlement en wag vir ons departemen­t se beurt toe mnr. Fanie Botha, minister van waterwese, aankondig dat verskillen­de nuwe damme, ek dink nege, in die Boland gebou gaan word. Een sou in die pragtige Slanghoekv­allei naby Goudini wees. Bevolkings­toename, landboubeh­oeftes . . . alles is op die tafel geplaas om die noodsaakli­kheid daarvan te beklemtoon.

As ’n gebore Bolander en ’n boer se kind het ek in die onderwerp belang gestel.

Vandag, 43 jaar later, is net een dam, die Bergrivier­dam by Franschhoe­k, gebou.

In 1990 het die departemen­t van waterwese aan prof. Philip Spies van die instituut vir toekomsstu­dies aan die Universtei­t Stellenbos­ch opdrag gegee om ’n studie te doen oor die Kaapse Skiereilan­d se waterbehoe­ftes in die toekoms. Van hul scenario’s was in die kol, soos bevolkings­toename.

Die verslag is geliasseer, want dit is nie polities korrek om planne uit die apartheids­era uit te voer nie.

Die Regering is bekend om sy goeie planne, maar van uitvoering weet hy niks nie en hy weier om die mense met die nodige kennis te gebruik. As die lekgotla waarop die planne gemaak is,

verby is, is die werk mos klaar. ADAMUS P. STEMMET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa