Landbouweekblad

GRAVELOTTE VERLOOR ’N LEGENDE

- – JASPER RAATS

DIE skrif was aan die muur vir Piet, een van mnr. Piet Warren, wildteler van Gravelotte, se swartwitpe­nsbulle wat die naweek gevrek het.

“Piet was nie ’n lewenskrag­tige, rowwe swartwitpe­nsbul soos wat ’n mens in ’n wildernisg­ebied sal teëkom nie. Hy was ’n stoetbul wat vir horingleng­te geteel is en waar lynteling ’n belangrike rol in sy genetiese samestelli­ng gespeel het. Dit is wat gemaak het dat hy sulke goeie kalwers geteel het, maar dit het ook waarskynli­k bygedra dat hy nie so lank soos party swartwitpe­nsbulle geleef het nie.”

So sê mnr. Piet Warren, wildteler van Gravelotte en eienaar van die spogbul Piet, wat hy Saterdagog­gend dood by die voerbak in sy teelkamp gekry het.

Warren sê die 16jarige bul met sy 53½ duimhoring­s het die afgelope tyd vanweë rumatiek moeilik geloop en kon in die jongste week nie eens opstaan nie. ’n Veearts het hom Vrydag ’n pyninspuit­ing gegee en Warren sê dit het gelyk of dit help. Die

bul het egter in die nag gevrek.

“Hy het vir ons gewys hy was op sy einde. Die skrif was aan die muur,” sê Warren.

’n Meer robuuste bul sal dalk 18 jaar leef, maar, sê Warren, Piet het in sy 16 jaar noemenswaa­rdige syfers vir sy eienaar en naamgenoot aangeteken. Warren het hom in 2002 vir R170 000 gekoop. Piet het reeds op 23 Januarie 2009 op die voorblad van Landbouwee­kblad gepronk. Sy horings het 53½ duim lank gegroei. Een van sy seuns, Mopanie, is vir R27 miljoen verkoop. ’n Ander seun is vir R21 miljoen verkoop. Sy beste dogter het horings van 39 duim – in die vroeë 2000’s is ’n bul met 40 duimhoring­s as ’n rekordbul beskou. Baie van sy verse het horings van heelwat meer as 30 duim. Hy het verskeie seuns met horings van meer as 48 duim geteel en hulle het pryse van R4 miljoen, R6 miljoen en R8 miljoen op veilings gehaal. Piet het 180 kalwers geteel en Warren sê hy is bly dié ou staatmaker se gene is goed in sy teelkuddes vasgelê.

 ?? FOTO: ARGIEF ?? Piet Bok, Gravelotte se bekende swartwitpe­ns,soos hy in 2009 op Landbouwee­kblad se voorblad verskyn het.
FOTO: ARGIEF Piet Bok, Gravelotte se bekende swartwitpe­ns,soos hy in 2009 op Landbouwee­kblad se voorblad verskyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa