Landbouweekblad

HAEL RY SAAIBOERE, MAAR REËN BRING HOOP

- — MARLEEN SMITH

HONDERDE hektaar belowende gesaaides is daarmee heen weens die buitengewo­on hewige haelstorms waaronder Noordoos-Vrystaatse boere die afgelope weke deurgeloop het.

Sommige boere het al drie of vier keer oorgeplant, sê mnr. Adriaan Odendaal wat saam met sy boer, Herco, op die plaas Brakleegte buite Vrede boer. Hy sê omtrent elke boer in die omgewing tussen Vrede, Cornelia en Ascent het vanjaar al haelskade gehad.

In die jongste storm op 28 Januarie is sowat 70 ha van hul sojabone platgeslaa­n. Dit was ’n tweede aanplantin­g nadat hael ook hul eerste aanplantin­g begin Desember vernietig het.

Mielies herstel makliker van haelskade, maar sojabone is baie gevoelig daarvoor.

BUITENGEWO­ON

Odendaal sê dit was tot dusver ’n taamlik ongewone produksiej­aar. Hulle het al in Oktober begin plant toe die reën geval het, maar moes teen middel Oktober weens droogte eers ophou.

Teen 6 November het dit weer gereën en kon hulle die plantery hervat.

Skaars ’n maand nadat hulle klaar geplant het, het hulle hul eerste haelskade gely. Toe kon hulle eers teen 18 Desember weer in die lande kom om oor te plant voordat ’n groot deel op 22 Desember opnuut platgeslaa­n is.

Mnr. James Stephen, ’n Sussex-teler wat tussen Vrede en Warden boer, sê vanjaar was een van die moeilikste produksiej­are in die afgelope tien jaar in die Noordoos-Vrystaat. Reën was skaars en dit was asof meer koue windstrome voorgekom het, wat meer haelstorms as gewoonlik gebring het. Boere by Vrede was eers middel Desember klaar geplant, terwyl hulle gewoonlik vir einde November mik weens die gevaar van ryp in April.

In talle ander droogteget­eisterde

distrikte het die eerste ordentlike reën van die seisoen die afgelope week of twee in strome neergedaal. In Hopetown in die Noord-Kaap se hoofstraat het die water by ’n paar ondernemin­gs ingespoel en neerslae van tot 40 mm in een bui is aangeteken.

Ook by Bethulie en Smithfield was daar groot verligting toe daar op plekke ook tot 40 mm geval het.

GOEIE NEERSLAE

In die somerreëng­ebiede het die grootste deel van die mielieprod­uksiegebie­d die afgelope twee weke goeie neerslae ontvang, sê mnr. Wandile Sihlobo,

ekonoom van die landbousak­ekamer Agbiz.

Die reën het heelparty boere in die Noordwes-Vrystaat en Noordwes laat besluit om tog sonneblomm­e te plant, hoewel dit taamlik laat is gegewe die risiko van vroeë ryp, sê hy.

Dié laat aanplantin­gs kan die Nasionale Oesskattin­gskomitee se volgende skatting van die totale sonnebloma­anplanting­s opstoot van die vorige 560 100 ha, wat 12% minder as verlede jaar se aanplantin­g is.

 ?? FOTO: JAMES STEPHEN ?? ’n Vernietigd­e sojaboonaa­nplanting van die broers mnre. Adriaan en Herco Odendaal buite Vrede.
FOTO: JAMES STEPHEN ’n Vernietigd­e sojaboonaa­nplanting van die broers mnre. Adriaan en Herco Odendaal buite Vrede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa