Landbouweekblad

Hof moet laaste uitweg wees

- — JASPER RAATS

TOT tyd en wyl ’n entstof teen snotsiekte beskikbaar word, gaan goeie buurmanska­p en samewerkin­g tussen vee- en wildboere, pleks van hofgedinge, die landbou se belangriks­te wapen teen snotsiekte wees.

Dít was die boodskap van mnr. Emile Honiball, prokureur en kenner van snotsiekte, op ’n inligtings­essie oor die kwessie van snotsiekte wat deur wild na beeste oorgedra word.

Honiball waarsku dat hofgedinge duur is en dat die hof elke saak volgens sy eie verdienste oorweeg.

Vorige uitsprake is dus nie noodwendig ’n aanduiding van ’n boer se kans op sukses in die hof nie.

Hy het vier belangrike uitsprake oor snotsiekte voorgehou om te illustreer hoe verskillen­de omstandigh­ede oënskynlik eenderse sake kan beïnvloed. In twee gevalle het beesboere die hof versoek om hul bure te verbied om blouwildeb­eeste aan te hou. In die een saak het die hof teen die beesboer besluit, maar in die ander saak ten gunste van die beesboer.

In een saak het die wildboer se bereidwill­igheid om die beesboer vir sy skade te vergoed, meegebring dat die hof nie ’n verwyderin­gsbevel teen hom toegestaan het nie. In ’n ander geval het die feit dat ’n beesboer tussen wildplase “vasgekeer” was en nie sy melkbeeste ver genoeg van die grensdraad af kon skuif nie, in sy guns getel omdat die blouwildeb­eesboer genoeg grond gehad het om sy diere elders aan te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa