Landbouweekblad

LABORATORI­UMGROEP BREI UIT

-

Die laboratori­umgroep NviroTek het onlangs ’n meerderhei­dsaandeel bekom in die Wynland-laboratori­um, ’n bekende mikrobiolo­gie-laboratori­um op Wellington.

NviroTek, wat deel is van Suidwes Landbou en wat in Hartebeesp­oort gesetel is, besit nou ’n 80%-aandeel in die Wynland-laboratori­um.

Volgens Suidwes is NviroTek nou die onafhankli­ke landboulab­oratorium wat die omvattends­te reeks laboratori­umdienste in Suider-Afrika verskaf.

Die gesamentli­ke besigheid is ook besig om sy aanbod van dienste uit te brei.

Die Wynland-laboratori­um is in 1991 gestig en bedien ’n aantal groot voedselen bottelerin­gsaanlegte in die Wes-Kaap met mikrobiese ontledings van kos en drinkwater, asook die chemiese ontleding van drink-, besproeiin­gs- en afvalwater, grond en plantmater­iaal.

Die maatskappy monitor ook verskeie produkte om die geskikthei­d daarvan vir menslike verbruik vas te stel én toets die higiënesta­tus van voedselver­werkingsaa­nlegte. Verder toets hy vir bakterieë in ’n groot verskeiden­heid voedselsoo­rte en wyn.

Suidwes sê in ’n verklaring die Wynlandvir laboratori­um het ’n belangrike rol daarin gespeel om talle produkte wat met listeriose besmet was, te identifise­er. Dit het daartoe gelei dat dié produkte betyds aan die WesKaapse mark onttrek kon word.

NviroTek was tot dusver toegespits op die chemiese ontleding van blare, grond, water, kunsmis, kalk, weiding en veevoer. Van sy dienste is om grond te ontleed vir die geskikthei­d van bepaalde gewasse en om gewasse se voedingsta­tus te bepaal deur middel van blaarontle­dings. Hierdie dienste stel boere in staat om kalk- en kunsmistoe­dienings te bereken.

Die maatskappy ontleed veevoer ten einde boere te help om optimale rantsoene te formuleer en om die gehalte van grondstoww­e te monitor. In dié verband lewer die Wynland-laboratori­um ook ’n diens deur onder meer salmonella te monitor, wat veral in die pluimveebe­dryf probleme veroorsaak.

NviroTek ontleed ook weidinggew­asse om te bepaal watter voedselaan­vullings die diere benodig.

Die maatskappy doen verskeie soorte ontledings van kunsmis, veral wanneer vervaardig­ers ’n nuwe kunsmispro­duk wil registreer. Terselfder­tyd verseker die maatskappy dat kunsmispro­dukte aan sekere standaarde voldoen.

Me. Dailena Pienaar, uitvoerend­e hoof van NviroTek, sê sulke toetse is veral voordelig die verbruiker wanneer moontlike dispute oor die gehalte van die eindproduk ontstaan.

Albei maatskappy­e bepaal watergehal­te vir besproeiin­gsdoeleind­es en vir gebruik deur mense en diere, en bedien verskeie uitvoerder­s wat aan internasio­nale standaarde moet voldoen.

Dailena sê die groep het onlangs die lisensie bekom om twee nuwe soorte tegnologie in Suid-Afrika te gebruik.

Een daarvan maak dit vir die maatskappy moontlik om baie vroeg in ’n plant se lewensiklu­s ’n aanduiding te kry van moontlike voedingste­korte. “Ons kan nou die stikstofst­atus in grond betroubaar bepaal sodat boere stikstofvl­akke in die grond meer ekonomies bestuur. Daardeur kan vermorsing, asook die besoedelin­g van water, verminder word,” sê sy.

Met ander tegnologie sal die maatskappy binnekort vir die teenwoordi­gheid van residu van landbouche­mikalieë op vars produkte kan toets. Met dieselfde tegnologie kan die maatskappy ook moontlike residue van groeistimu­lante en medikasie in vleisprodu­kte identifise­er.

Die NviroTek-groep en die Wynlandlab­oratorium bied ook aan klante ’n koerierdie­ns wat die betrokke monster so vinnig as moontlik by die laboratori­um sal besorg. — JEANNE VAN DER MERWE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa