Landbouweekblad

SUUR OOR SIFSELS

- Landbouwee­kblad

Koringboer­e is omgekrap oor hoe sifsels, een van die aspekte wat hulle baie geld kos, gehanteer word.

Die standaards­pesifikasi­e vir koring is dat die grade B1 tot B3 gelewer mag word met 3% sifsels in daardie koring as dit regstreeks na meulenaars gaan.

Seker graanopber­gers penaliseer koringboer­e egter tydens die gradering van hul koring as meer as 2% van die totale gewig van die gelewerde koring sifsels is. As ’n boer dus ’n vrag lewer wat 4% sifsels bevat, moes daar volgens die wetlike spesifikas­ies net ’n gewigsaanp­assing van 1% gemaak word tot by die gespesifis­eerde 3%-norm. Volgens die boer met wie gepraat het, word boere in die Wes-Kaap se koring se gewig egter met ’n verdere 1% aangepas tot by die opbergers se 2%-norm.

Daarbenewe­ns trek die opbergers R17/ton as ’n hanterings­verlies af. Dit verteenwoo­rdig 0,5% van die gewig.

Dit alles beteken dat 25 500 ton koring (totale oes van 1,7 miljoen ton koring x 1,5%) deur koringprod­usente aan graanopber­gers verbeur word. Teen ’n koringprys van R3 500 per ton is dit R89 miljoen per jaar wat nie in koringboer­e se sakke beland nie en wat die hele Sacta-heffing vir teling kon dek.

Eweneens word die Suid-Afrikaanse koringprys regstreeks afgelei van dié van ingevoerde koring. In daardie lande word ’n 1,6 mm-sif gebruik om die sifselpers­entasie te bepaal, terwyl Suid-Afrikaanse koring se sifselpers­entasie met ’n 1,8 mm-sif bepaal word. Met ander woorde daar is 12% meer “sifsels” (want oorsee is baie daarvan bloot pitte) wat deur die gaatjie gaan (en as sifsels gegradeer word) vir Suid-Afrikaanse boere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa