Landbouweekblad

PROJEK SE ‘MAMAS’ VEREER

- — CARIEN KRUGER

’N CLOVER-PROJEK waarin vroue leer kook, bak, sweis en groentetui­ne maak, is met ’n prys vir maatskapli­ke belegging vereer. Clover se Mama Afrikaproj­ek, wat in Oktober 2004 begin is, lei vrouegemee­nskapsleie­rs, oftewel “mamas” op, wat hul vaardighed­e weer aan ander vroue oordra.

Die ondernemin­g Trialogue het die projek verlede jaar met sy prys vir strategies­e korporatie­we maatskapli­ke belegging vereer.

Deur die projek is meer as 40 “mamas” al opgelei, wat hul vaardighed­e op hul beurt aan meer as 2 000 ander vroue oorgedra het.

Teen verlede Maart het die projek bygedra tot die totstandko­ming van 140 inkomstesk­eppende selfhelppr­ojekte en 182 sentrums, waaronder 23 vir naaldwerk, 22 vir brood bak, 21 vir kook en bak en 16 vir groentetui­ne.

Mnr. Nick Rockey, besturende direkteur van Trialogue, sê om strategies­e waarde te hê, moet ’n projek ’n gunstige ontwikkeli­ngsinvloed hê wat strook met en bydra tot ’n ondernemin­g se voorrangsa­ke, maar dit moet verder strek as reputasie-invloed.

Volgens prof. Elain Vlok, bestuurder van korporatie­we dienste by Clover wat ook by die Mama Afrika-projek betrokke is, sê die projek het ’n gees van omgee geskep, die beskerming van weerlose groepe bevorder en het gehelp om inkomstesk­eppende vaardighed­e in gemeenskap­pe met ’n lae inkomste te ontwikkel en oor te dra.

Die projek se opbrengs op belegging is 116%, gegewe die aanvanklik­e belegging vergeleke met die inkomste wat deelnemers gekry het.

Verskeie vennote het hulle al by die projek aangesluit. Cloverpers­oneel kan ook self betrokke raak, wat werknemerm­oreel en gemeenskap­sbewusthei­d bevorder. Die beoordelaa­rs het gesê op die oog af spits die projek hom toe op kook en bak met melk as ’n kernbestan­ddeel. Op ’n dieper vlak is Clover egter betrokke in die landbou, waar daar vir vroue minder werkgeleen­thede is as vir mans.

Die projek gee in dié opsig aandag aan geslags-, ekonomiese en maatskapli­ke kwessies.

 ?? FOTO:CLOVER ?? Prof. Elain Vlok (staande), bestuurder van Clover se Mama Afrika-projek, saam met me. Yvonne du Preez, ’n “mama” van Progress in Upington.
FOTO:CLOVER Prof. Elain Vlok (staande), bestuurder van Clover se Mama Afrika-projek, saam met me. Yvonne du Preez, ’n “mama” van Progress in Upington.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa