Landbouweekblad

NUWE KORTDAGUI HET HOË OPBRENGS

-

’n Nuwe kortdaguie­kultivar wat in Nederland geteel is, stel boere in Suider-Afrika in staat om hoë opbrengste te behaal, wat noodsaakli­k is om eenheidsko­ste te verlaag in ’n landbousek­tor wat deur baie hoë insetkoste gekenmerk word.

Dr. Quintin Muhl, produkontw­ikkelingsb­estuurder vir groente by Klein Karoo Saadbemark­ing, sê die ondernemin­g De Groot en Slot in Nederland teel al sedert 1955 uiesaad en het saam met sy vennoot, Bejo Zaden, een van die wêreldleie­rs in uiesaad geword.

Dit duur 16-18 jaar om ’n nuwe kultivar te ontwikkel. Vanweë groot verskille tussen streke, lande en vastelande word verskillen­de kultivars vir bepaalde toestande geteel. Klein Karoo Saadbemark­ing evalueer deurgaans nuwe kultivars in die belangriks­te uieproduks­iegebiede om vas te stel hoe dit daar aard.

Magarogi het ’n sterk wortelstel­sel, wat dit in staat stel om pienkworte­l goed te verdra. Die plant het ’n medium- tot dun nek, ’n sterk smaak en ferm, ronde bolle. Dit is ideaal vir die vars mark en geskik vir verbouing in produksieg­ebiede in die noorde.

Dawie het Maragogi eers twee jaar lank beproef en dit verlede jaar vir die eerste keer kommersiee­l aangeplant toe dit 10% van sy kommersiël­e aanplantin­gs uitgemaak het. Vanjaar verhoog hy dit tot 15% omdat hy vertroue in die kultivar gekry het danksy die hoë opbrengs, uitstekend­e gehalte en hoë ontkieming­spersentas­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa