Landbouweekblad

NUWE KULTIVARS KAN ROSYNE-OES HUPSTOOT GEE

- — LISA LÖTTERING

Suid-Afrika lewer sowat 3% van die wêreld se rosyne-oes – slegs ’n fraksie van die 300 000 ton van Turkye. Volgens mnr. Pieter Roos, bemarkings­bestuurder by die Carpe Diemgroep, word sowat 60 000 ton rosyne in Suid-Afrika verbou, waarvan 90% uit die Benede-Oranjerivi­er kom. Hy sê Suid-Afrika se grootste mededinger­s in dié mark is Turkye en Amerika. “Suid-Afrika se boere en diensversk­affers handhaaf ’n hoë vlak van voedselvei­ligheid en dit word goed bestuur. Volumes het oor die afgelope tien jaar met sowat 20 000 ton verhoog,” sê hy.

Daar word geskat dat die volumes dalk met sowat 10% sal daal, maar met die nuwe kultivars en nuwe aanplantin­gs sal dit weer verbeter. “Die twee nuwe kultivars wat die afgelope paar jaar langs die Oranjerivi­er geplant is, is Sugra39 en Selma Pete. Dit vaar goed. Hoë volumes en goeie rosyne word gelewer,” sê Roos.

Mnr. Dappie Smit, hoof van bedryfsdie­nste by Hortgro, sê die vooruitsig­te lyk gunstig, want verlede jaar hierdie tyd het dit kwaai gereën toe die rosyntjies moes droog word. “Die volume van rosyntjies en sultane lyk asof dit net so goed as verlede jaar sal wees, wat ’n redelik goeie oes was,” sê hy. “Suid-Afrika voer deurlopend na nuwe markte uit.” Hy sê hoewel dit droog is, kry die landerye besproeiin­gswater uit die Oranjerivi­er wat water uit die noorde van die land kry waar dit lekker gereën het.

Hy sê nuwe kultivars, veral die Selma Pete, is juis belangrik omdat dit vroeër ryp word. “Boere probeer om die oestyd van rosyne te verleng sodat die risiko nie so groot is as daar reën op ’n spesifieke tyd val nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa