Landbouweekblad

GESTEELDE SKAPE NÁ VYF MAANDE OPGESPOOR

- — LISA LOTTERING

’N Graan-en-veeboer van Jacobsdal in die Vrystaat is baie dankbaar dat hy sy gesteelde skape teruggevin­d het nadat dit verlede September gesteel is.

Sedert Junie verlede jaar was daar ’n toename in diefstal op die plaas Africa Joy van mnr. Keith Middleton. Van Junie tot Desember verlede jaar is sowat 40 sakke mielies, byna 80 bale lusern, tientalle skape en ’n krag- opwekker gesteel.

Volgens Middleton het hy etlike sake van diefstal aangemeld, maar wanneer hy oor die sake navraag doen, was daar nooit inligting beskikbaar nie.

Hy het toe ’n private maatskappy aangestel, en sy skape en kragopwekk­er is binne twee dae opgespoor.

“Die sekuriteit­smaatskapp­y het die opwekker opgespoor en was toe op die uitkyk vir die skape. Hulle het ’n foto aangestuur en toe ry ek sowat 30 km om die skape te gaan uitken.”

Volgens Middleton is die diere en kragopwekk­er by Ritchie in die Noord-Kaap gevind.

Hy sê hy is dankbaar om sowat 80 skape lewend terug te kry – meer as wat aanvanklik in die voorval gesteel is.

“Van die ooie was dragtig met ’n twee- of drieling.”

Die skape sal vandeeswee­k na die plaas teruggenee­m word.

NAGMERRIE

“Sedert Junie is misdaad ’n nagmerrie,” sê Middleton.

Hy sê gegewe die omstandigh­ede het hy gedoen wat hy kon.

“Hoewel daar nie geld vir kameras en spoggerige sekuriteit is nie, word die hekke gesluit en word gewone veiligheid­smaatreëls getref.”

Middleton sê hulle moes nog werkers aanstel weens die veiligheid­situasie en almal se paraatheid is verbeter. Die plaas word deur die nag gepatrolle­er.

“Ek staan elke twee uur op om my rondes te doen. ’n Mens funksionee­r nie soos normaalweg nie. Dit was my lewe die afgelope maande,” sê hy.

Intussen is ’n verdagte verlede naweek in hegtenis geneem.

‘Van die ooie was dragtig met ’n twee- of drieling.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa