Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S 3 BRITTANJE | Kopkrapper­y oor lewendehaw­e-uitvoer

-

1 AUSTRALIË | Varkvleis nou ook naspeurbaa­r

Die Australies­e varkvleisb­edryf het nou ’n nasionale naspeurbaa­rheidskema wat funksionee­r soos dié vir bees-, skaap- en bokvleis.

Die National Livestock Identifica­tion System (NLIS) se varkvleiss­telsel staan bekend as die PigPass en gebruik identifika­sieplaatji­es of tatoeëerme­rke op die diere se ore om diere te identifise­er. Alle bewegings van varke na plase, veilingspl­ase, skouterrei­ne en abattoirs word met ’n nasionale handelaars­verklaring (national vendor declaratio­n) op ’n databasis aangedui. Volgens die Australies­e regering is daar meer as 1 400 varkplase in dié land, met ’n omset van meer as AUS$1,3 miljard (R12,4 miljard). — Bendigo Advertiser 2 CHINA | Salvo teen Amerika druk mielieprys­e hoër

Termynkont­rakte vir Chinese mielies het hul hoogste vlak sedert 16 Januarie bereik (1 824 yuan, of R3 469) per ton nadat die Chinese regering ’n ondersoek aangekondi­g het na die storting van Amerikaans­e sorghum, wat baie in dierevoer gebruik word, en onbillike subsidies.

Die aankondigi­ng het die Chinese voerbedryf onkant gevang, want belanghebb­endes het nie so ’n ondersoek versoek nie. Handelaars het gereageer en die vraag na plaaslike mielies laat styg, pleks van om die risiko te loop om sorghum by China se grootste buitelands­e voorsiener te koop. Amerika het verlede jaar nagenoeg 4,8 miljoen ton sorghum na China uitgevoer en 32,9 miljoen ton sojabone.

Daar is ook ’n moontlikhe­id dat die Chinese regering mielies uit sy reusagtige mielievoor­raad, ’n geraamde 200 miljoen ton (genoeg vir ’n jaar), beskikbaar sal maak. — Reuters

’n Privateled­evoorstel deur ’n parlements­lid van die Konserwati­ewe Party om alle lewendehaw­e-uitvoer uit Brittanje te verbied, is verlede week teruggetre­k te midde van groot verdeeldhe­id oor of groter dieresorg ten koste van die boerderyge­meenskap bevorder moet word.

Mnr. Michael Gove, minister van omgewingsa­ke, oorweeg dit tans om so ’n verbod in te stel. Skotse skaapboere meen egter dié stap sal hul boerderye heeltemal onvolhouba­ar maak.

“Daar is geen tariewe op lewende diere nie. Die tariewe op vleis is baie hoog — meer as 40% — en daar is nie ’n manier hoe skaapboerd­ery hier sal kan voortgaan sonder daardie uitvoermar­k nie,” sê mnr. Frank Langrish, ’n skaapboer van Sussex.

Mnr. Fergus Ewing, Skotse minister van landelike ekonomiese sake, sê Skotland sal nie aan so ’n skema deelneem nie. — BBC

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa